@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Die geknakte boompie

02-god-van-baie-kanse
DIE GEKNAKTE BOOMPIE
Om as gemeente te gaan bergklim bly vir my altyd ‘n uitstaande gebeurtenis!. Dit is vir my in een woord net wonderlik! Die natuurskoon, die oefening, die gevoel van vryheid, die kameraadskap van die mede broers en susters en die Here se grootsheid in die natuur, is iets wat nie met woorde beskryf kan word nie.

Een van die tonele bly my by. Daar is ‘n boompie wat iewers platgetrap is of seergekry het of miskien was daar ‘n rots daar oor. Gevolglik is dit gebuig net daar waar dit bo die grond verskyn. Toe het dit grondlangs, dwars oor die paadjie, verder gegroei. Maar aan die anderkant van die paadjie het dit weer begin regop kom. Dit het my laat dink; ons word ook maar dikwels in die lewe platgetrap. Soveel voete wat oor ons trap en soos ‘n jong boompie knak ons langs die lewenspad.Ek dink aan:
  • Kinders op skool wat ‘n graad druip en ‘n jaar van hulle lewe moet herhaal.
  • Of die verleentheid van ‘n ongewenste swangerskap.
  • Of sommer net ‘n belediging en krenkende woord van iemand wat jou soos ‘n dwars klap tref.
  • Depressie wat oor jou toesak soos die nag donkerte.
  • Egskeiding.
  • Jy verloor jou werk.
  • Die verlies van ‘n geliefde deur die dood.
  • Die beëindiging van ‘n kosbare vriendskap
  • Of in ‘n oomblik van swakheid en versoeking, val jy in sonde ...
Dit alles word verteenwoordig deur die prentjie van die gebuigde boompie daar bo teen Kasteelberg.

Hoe dikwels voel ‘n mens nie na sulke ervaringe:

Ø Dis verby met my!

Ø Ek sal nooit weer herstel nie!

Ø Uit hierdie ellende sal ek nooit weer kom nie!

Maar as ‘n boompie weer kan boontoe groei, dan is daar mos ook herstel vir my en vir jou! Miskien gaan jy tans deur ‘n donker wolk; wees net sterk o kind van God.

Nog ‘n keer; as ‘n geknakte boompie kan boontoe  groei, is daar ook herstel vir my en vir jou. ‘n Mens se liggaam en geestelike kant het ‘n natuurlike vermoë om weer te herstel met tyd. Maar benewens die natuurlike, as ons die Here aanroep, kom sy bonatuurlike krag in werking.

Staan op die belofte in Ps. 138:8 – “Die Here sal vir my alles goed laat afloop.”

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Die geknakte boompie
schoemans-chartered-accountants die-courant