"Wayne Schuller het begin werk by ‘n gastehuis op ‘n plaas. Die mense van die gastehuis het hom in hul vertroue geneem en gesê dat hulle nie baie goed doen op daardie stadium nie en dat hy saam moet dink aan planne om die gastehuis te promoveer sodat besoekers sal kom besoek en oorbly."
Eers het hy voorgestel dat hulle die webtuiste moet verbeter sodat wanneer mense op die internet soek vir ‘n gastehuis, dit die oog sal vang. Dit is gedoen, maar tog was daar geen noemenswaardige verbetering nie.
Op ‘n dag maak hy die opmerking: “Ons moet ‘n naambord voor by die hek van die plaas opsit. Die mense weet nie waar sit die plaas nie.” Hierop het die vrou van die gastehuis reageer: “Maar daar ís ‘n naambord op by die ingang.”
By ondersoek, sien hy toe dat daar is wel ‘n naambord op, maar dit hang skeef en die letters is onduidelik en dit is so toegegroei van die plante, dat dit beswaarlik sigbaar van die groot pad af is. Gou, gou het hy met die hulp van ‘n paar werkers, die plek gaan skoonmaak en die naambord op dateer en dit mooi en stewig opgerig met die letters en aanwysinge baie mooi duidelik.
Dit resultaat? Mense het die bord vanaf die grootpad raak gesien en begin besoek aflê en kort voor lank was hulle almal verbaas oor die toeloop van mense by die gastehuis. Dit het so opgetel dat hulle oor naweke so baie mense begin kry het, dat Wayne gevra is om op Sondae te werk. (Hierteen het hy hewig kapsie gemaak.)
Hierin is ‘n geweldige boodskap vir my en jou as Christen en as kerk van ons Here Jesus Christus. Ons is elkeen ‘n naambord of ‘n rigtingwyserbord wat ander die pad moet aandui na Jesus Christus. Prys die Here - wat ‘n edele en wonderlike roeping! 1 Pet. 2:9 – “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom (nie van jouself of jou denominasie of die TV prediker) wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,”
Sommige “naamborde” is so toe onder die gras van wêreldse aktiwiteite en so versteek dat geen mens kan sien, hoe om by Jesus uit te kom nie. Wat van ‘n bietjie “gras uittrek” en die “naambord” meer duidelik kry dat al die klem van jou lewe op Jesus kan val? Sodat elke soekende siel maklik die pad na Jesus kan vind.
GEBED
Moet ek gaan met leë hande, moet ek só my Heer ontmoet? Nee, Here, ek kan nie so vrugteloos en onproduktief as U kind leef nie. Heilig en reinig my lewe in die bloed van die kruis en maak my lewe ‘n duidelike advertensie bord vir Jesus. Amen.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



