Job 12:7 – “Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;”
Al die afgevaardigdes oor die hele aarde uit die bobbejane wêreld het byeengekom om ‘n baie ernstige saak te bespreek. Die voorsitter het die bobbejane konferensie-gangers toegespreek:
“Broeders en afgevaardigdes van my volk, dis ‘n verregaande aantyging wat teen ons as bobbejane deur die mense gemaak word. Hulle beweer dat hulle van ons afstam en dan noem hulle dit ‘n groot woord, ewolusie. Ons staan dit teen met hand en tand! Dis van alle waarheid ontneem. En daarvoor kan ons ‘n klomp bewyse aanhaal.”
“Ten eerste, die wyse waarop ons en hulle hul kinders grootmaak.
Dit verskil soos dag by nag. Hulle vroue werk en laat die bediendes die kinders groot maak en die kinders word grootliks aan hulle eie lot voor die TV oorgelaat. Ons sal nóóit so iets toelaat nie. Ons maak ons kinders sélf groot. Ons mag nou wel almal bobbejane wees, maar voorwaar ons is mos nie “stupid” nie. Ons weet mos ons kinders sal ontaard. ‘n Duidelike bewys dat hulle nie van ons afstam nie.”
"Ten tweede, hulle tugtig nie hulle kinders as hulle stout is nie. In hulle skole vandag het hulle alle ander metodes om die kinders te straf, maar net nie lyfstraf nie. Sal ons nou so faal in ons opvoedingstaak! Ons kinders se dissipline is vir ons te belangrik! Dit lyk vir my in die ou dae was die mense baie slimmer as vandag. Toe het hulle nog geglo: ‘Spare the rod to spoil te child.’ Ons tugtig ons kinders en hulle leer vinnig en effektief en word ware burgers van die land.” (Spr. 22:15)“Dan is daar die ding wat hulle noem, rook. Hulle steek ‘n sigaret op en suig daar aan en trek die klomp vuil gemors met vele gifstowwe daarin in hulle longe. Die lug is al klaar so besoedel met fabriek-gasse. Kan enige normale wese nou so ‘n dom ding gaan doen en hulleself daardeur nog verder benadeel en besoedel! Dis verregaande van die mense om dan te wil beweer dat hulle van ons afkomstig is. Ons mag ‘n klomp ape wees maar ons is beslis nie swape! (1 Kor. 6:19; 2 Pet. 2:19)”
“Ten derde, hulle gebruik oor naweke alkohol en suip hulle kapabel (37% van die S.A. bevolking is naweek-alkoholiste.) En dan moet julle sien hoe gaan hulle aan. Dit steek mes en baklei en verkrag! Sies! Om te dink hulle kan so vermetel wees om te dink ons is hulle voorouers. Nee kyk, so ellendig is ons beslis nie!” (Efe. 5:18)
Sjoe! Here, help ons!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
DIE BOBBEJANE HOU KONFERENSIE (2)
Job 12:7 – “Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;”
By die Bobbejane konferensie was die voorsitter steeds aan die woord.
“Nou liewe volksgenote, hoor verder. Hier is nog ‘n paar redes waarom ons nie verwant kan wees aan die mense nie: Vele van hulle kyk na wat hulle noem, pornografie. Hulle raak daaraan verslaaf en dis al wat later in hulle breine aangaan. Ons hou onsself nie met sulke dinge op nie.”
“Kyk net hoe lyk hulle van geen oefening kry nie! Hulle gaan sit-sit deur die lewe. Hulle sit in hulle motors op pad werk toe. Dan sit hulle die hele dag voor die rekenaars in hulle kantore. Sit weer terug huis toe en sit die aand verder om voor die TV. Die gevolge: Oorgewig, hoë bloeddruk, kolestrol, hart en aanverwante siektes en swak gesondheid. Ons sorg dat ons elke dag genoeg oefening kry. Ons stap genoeg en hardloop baie. Kyk net hoe gesond is ons. Nie een van ons is oorgewig nie.”
“Die verskille tussen die mense en ons is darem net te groot dat hulle enigsins daarop kan aanspraak maak dat ons en hulle aanmekaar verwant is. By hulle is die familieband so los en bestaan omtrent nie. Maar ons sien om na ons kleintjies en oues en ons spat nie na ‘n paar jaar uitmekaar uit soos hulle en maak asof die res van die familie nie bestaan nie. Ons ondersteun en help mekaar in alles, alles, alles. Die jonges en tieners het respek vir die ouer garde.”
“Kyk wat eet hulle en kyk hoe gesond eet ons. By hulle is dit soet, soet, soet ... En oor ‘n klompie jare is dit boet, boet. boet ...! Hulle voedsel bestaan uit ‘n sogenaamde Westerse diëet en behels verfynde kosse en vet disse met weinig natuurlike kos. Ons daarinteen eet baie groente, vrugte en neute maar min vleis. Kyk hoe gesond is ons!”
“Wat ek wil sien wat moet gebeur, is dat ons ‘n voorstel en sekondant van die vloer af kry dat ons ‘n afvaardiging na hulle stuur waarin ons hulle versoek om nie verder voort te gaan om hulle ewolusie teorie te verkondig nie. En veral nie hulle kinders op skool dit te leer asof dit die waarheid is nie. Dis ‘n groot verleentheid vir ons!”
Die stem persentasie vír hierdie voorstel was oorweldigend. Honderd persent vír die voorstel met geen teenstemme.
Evolusioniste julle moet wakker word! Hoor hoe lag die bobbejane!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



