Kenneth Copeland en Jerry Savelle is twee name wat as predikers internasionale bekendheid verwerf het. In hulle begin jare het Kenneth Copeland rond gegaan en gepreek en Jerry Savelle was sy assistent.
“Nee, jy moet die Here vertrou daarvoor,” en Kenneth het omgedraai en gaan slaap.
Hy trek daar los en begin bid so wat hy kan en vra vir die Here hoe moet hy alles gedoen kry. Die hele nag woed hy om die saal vir die volgende dag se diens in gereedheid te kry. ‘n Uur voordat die diens die volgende oggend sou begin, kom Kenneth Copeland in om te kontroleer of alles reg is. ‘n Halfuur vantevore het broer Jerrry die klank aangekry na ‘n hele nag se gesukkel.Maar i.p.v. om geprys te word, kry hy ‘n blokhamer hou teen die kop: “Nee, ek wil dit andersom hê. Die stoele aan daardie kant van die saal en die kansel aan hierdie kant.”
Jerry voel om vir broer Copeland te sê: “Sien jy hierdie bloedbelope oë soos ek die hele nag moes wakker bly om die saal reg te kry! Nou kom jy vir my sê, ‘n paar minute voor die diens moet begin, ek moet alles omdraai. Maak dit nou saak watter kant is watter kant!” Hy’s so op die punt om sommer sy goed te vat en te loop, toe hy hom bedink (in Engels soos hy dit vertel het): “If that’s the way he wants it, that’s the way he’s gonna get it.” En dan voeg hy by: “That’s why I am ‘n blessed man today!”Soek jy verhoging in die geestelike lewe in jou gemeente? Begin om die stoele te pak en dit weer op te pak en andersom te pak as die leierskap dit vra, sonder om te brom. Luk. 16:10 – “Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou;” Voordat jy nie ‘n goeie volgeling word nie, kan jy ook nie ‘n goeie leier wees nie. Die beste leiers is ook die beste volgelinge.
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



