@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Dawid en Goliat - Roza Combrink

02-god-van-baie-kanse

DAWID EN GOLIAT (1)
(Roza Combrink)
Die koning van Israel is nou heeltemal die kluts kwyt,
en oor die koningskap van Saul, is die Here baie spyt.
Samuel treur oor hom en die Here moet hom aanspreek;
"Kom Samuel. Ek wys jou hoe alles in mekaar steek. Alles is nie verlore nie, want Ek is nog in beheer,

en in Betlehem is daar ‘n man wie as koning kan regeer.
Neem die olie, jou horing en ‘n koei,
en laat Ons, ons met die welstand van My volk bemoei."

Samuel kry omtrent die horries; vir Saul is hy bang,
want die nugter alleen weet wat hy alles kan aanvang!!
Maar God is beslis – ‘n koning moet hul kry,
want dis alweer tyd dat iemand die volk bevry!

Die sewe seuns van Isai lyk soos konings - elke een.
Maar God sê; "Nee, op nie een van hulle rus My seën!"
Nou weet Samuel gladnie. Het hy verniet gekom?
Want hy is hier om ‘n koning te salf - en waar kry hy hom?
"Is al u kinders hier?” vra Samuel met ‘n tikkie hoop.
"Nee," se Isai. "Daar is nog een wat agter die skape aanloop."
Toe die jonge Dawid inkom, ervaar Samuel die Salwing van die Gees;
en hy het geweet - dis met hom wat die Here God sal wees.

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

DAWID EN GOLIAT (2)

(Roza Combrink)

En toe, op ‘n dag, sommer so uit die bloute,
verskyn daar ‘n vyand en hulle veroorsaak ‘n benoudte!
Die kiinders van Israel se senuwese hang aan drade -
want die hengse lang man spog met die vreeslikste dade!!
Hy lyk soos iets uit n Sci-Fi movie; gepantser van onder tot bo,
en hy maak ‘n bespotting van die volk wie in die Lewende God glo!
Vir 40 dae aaneen, rek hy sy groot mond,
en die Israeliete se moed sak tot - never mind die voete - binne in die grond.

Eliab, Abinadab en Samma is ook daar,
en Isai is bekommerd, want sy seuns is in gevaar.
"Dawid, vandag sal jy die skape aan die Heer moet toevertrou,
want jy moet gaan kyk hoe gaan dit met jou broers - en onthou -
ek hoor hierdie Goliat is ‘n gevaarlike kalant,
so wees tog versigtig en bly aan veiligheids kant."
Maar Dawid is opgewonde; hy's gepantser met God se krag.
As Goliat maar net geweet het wat op hom wag!

Eliab gooi ‘n haffy toe hy Dawid daar sien staan.
Hy dog die mannetjie is nuuskierig - wil weet wat gaan aan!
Dawid kyk na Goliat - hy voel hoe sy geloof groei.
Hy's lus vir hierdie groot mond wat God's slagordes so verfoei!
"Is jy van jou kop af?" skreeu Eliab. "Sien jy nie in watter penarie ons is?"
Maar Dawid herroep ‘n leeu en ‘n beer, en sodoende word sy geheue verfris.
Gewis! Goliat is groot! Kan seker ‘n man of twee op sy plek sit!
Maar Dawid vrees die Here, en hy het al groter gesien as dit!
Kalm sê hy; "Ag nee boete. Wat gaan nou met jou aan?
Doller as kopaf kan dit seker nie gaan?'
Met net ‘n slingervel, 5 gladde klippe en geloof,
swaai hy; laat los en tref die Fillistyn in sy hoof.
Met sy eie swaard word Goliat onthoof
en die hele volk begin die Here loof!
Met die vyand se kop in sy hand, stap hy by Eliab verby.
Hy glimlag skeef en stamp hom in die sy.
"En toe, wat het ek jou gesê?"
Eliab glimlag verlig - "Nie doller as kopaf nie, né!"

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Dawid en Goliat - Roza Combrink
schoemans-chartered-accountants die-courant