My ervaring met die tuinman wat weens ‘n misverstand my vyeboom se takke rondom met die graaf afsteek het, en my aanvanklike reaksie daarop, het my bietjie verder laat dink. (Sien: Die Verminkte Vyeboom)
As daardie “vyeboompie” iets moet oorkom of beskadig word, tuimel sy hele wêreldjie in mekaar. Weg is die mooi gesindheid, die vriendelikheid, die liefde, die vriendskap, die vrede en die blydskap. Weg is die hoop, die vooruitsig en verwagting.
Meestal is die vyeboompies, goed wat geen blywende waarde het nie. Kol. 2:22 noem dit: “almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense.” Maar hulle sal hierdie goed verhef en ophemel tot gelyk of selfs bokant die Woord en mag ek sê, selfs die Here. Goed gebaseer op kultuur, tradisie, oorlewering, godsdienstigheid, politiek, mode giere en eie gebruike. Selfs goed soos, “die Here sê ...” maar jammer om te sê vele kere was dit maar eintlik net die persoon se manier om baie geestelik te klink of sterk verbeelding.
Hoor hoe beskryf die Lewende Bybel hierdie dinge (Kol.2:22): “Sulke reëls is sommer dinge wat party mense uitgedink het en dan vir ander mense gaan leer.” Op ander plekke noem die Bybel dit afgode (1 Kor. 12:2; 1 Joh. 51).
Maar hoe wonderlik as mens jou lewe kan bou op die tydlose uitsprake van Jesus Christus in die Nuwe Testament. Beginsels wat vir altyd sal geld. Dit wat die toets van tyd deurstaan het. Die res van die Bybel bevestig of versterk dit net.
As ‘n mens die woorde van die Here Jesus sou gaan neerskryf, sal dit seker maar ‘n paar A4 bladsye wees. Maar as jy jou lewe op daardie uitsprake bou:
o Sal jy dit nooit berou!
o Sal jy nooit ooit beskaamd staan nie!
1 Pet. 2:6 – “Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.”
GEBED
Here Jesus, op U alleen bou ek my lewe. Gee my ‘n hart soos die hart van my Heer en ‘n mond wat uit die oorvloed van die hart spreek. Amen.
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



