@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

As S.A. maar die Here so kon dien

02-god-van-baie-kanse
AS S.A. MAAR DIE HERE SÓ KON DIEN
Jer. 12:16 – “En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die HERE leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl—dan sal hulle onder my volk gebou word.”

As S.A. se mense darem die Here kon dien soos wat hulle die wêreld dien, dan sal dit darem een Goddelike nasie wees! As ons mense darem die energie kon insit vir die Here wat hulle vir die wêreldse dinge insit; voorwaar daar sal ‘n vloedgolf van herlewing hierdie land tref soos nog nooit vantevore nie!

Die afgelope tyd was die Wêreld Rugby Beker in volle swang. Net soos met die vorige jaar se Wêreld Sokker Beker, het alles omtrent tot stilstand gekom. Die mense het rugby gepraat en gespekuleer oor die Bokke se kanse en die koerante het geskryf. Daar is Vrydae Springbok truie gedra want die rugbykoors het hoog geloop en almal op sleeptou geneem.

Tot selfs die radio en tv programme is vervroeg en verkort om die vollengte wedstryde in perfekte weergawe uit te saai. Sondagoggende se godsdiens programme en kerkdienste is selfs deur die SAUK geskuif en aangepas sodat die rugby op tyd kan wees.

Ek kan dit nou nie bewys nie, maar ek meen dat selfs die kerkbywoning is geraak deur die afgelope rugby uitsendings. Mense het eerder by die huis voor die televisie gesit en rugby kyk as om kerk toe te gaan.

En toe ons in ‘n halfeindwedstryd verloor … O, eina, daar is die hele land in rou gedompel en die vlae hang halfmas! Die arme slegte, onbevoegde en onregverdige skeidsregter moes toe ál die skuld kry!

Toe John Lennon van die Beatles op die top van Beatle mania in 1966 die uitlating gemaak het, dat hulle is meer gewild as Christus, het die wêreld wakker geskrik en skaamkwaad vreeslik teen hom en die Beatles opgetrek. Maar die feite spreek baie hard: Meer mense het by hulle optredes wêreldwyd opgedaag as by kerkdienste. In Londen het selfs meer Britte opgedaag by die lughawe om hulle helde met massa histerie te ontvang na ‘n oorsese toer as wat hulle op die Sondag die kerk sou besoek.

Ons sal moet wakker skrik! S.A sal moet wakker skrik en kyk hoe laat het dit vir ons as nasie geword! 2 Tim 3:4 waarsku en spreek ons aan: “Meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;” Ons kan die woordjie “genot” net sowel vervang met: “sport” of “rugby”.

GEBED

Here, ons kom bely die geweldige opgaan in sport in ons land terwyl U en die dinge van die Here afgeskeep word. Vergewe o Here! Skenk ons ‘n Heilige Gees gewerkte herlewing waar U in alles eerste sal wees! Amen!

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church As S.A. maar die Here so kon dien
schoemans-chartered-accountants die-courant