@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

As jou hoop verdwyn

02-god-van-baie-kanse
AS JOU HOOP VERDWYN
‘n Skatryk man kom by die huis en vind dat sy vrou se tasse gepak is. Aanvanklik dink hy dat sy hom wil verlaat en dat sy van hom wil skei. Maar toe hoor hy:
“Ek is baie siek en gaan hospitaal toe. Ek het bloedkanker en het dit vir jou weggesteek.”

Die man was verpletter. Hy die hospitaal gekom, skryf hy ’n blanko tjek uit waarin die spesialis enige bedrag kon invul. Hy pleit bewoë: “Skryf enige bedrag daarin! Doen enigiets solank jy net my vrou kan gesond kry! Ek sal betaal!” Die spesialis antwoord: “Ek kan niks vir haar meer doen nie.” Binne 7 dae is sy vrou oorlede. Die man was gebroke. Hy’t niks meer gehad om voor te leef nie. Hy het sy goed begin uitdeel, want dit het niks meer vir hom beteken nie. Sy lewe het geword soos ‘n hawelose seilboot op die oseaan; sonder anker, sonder roer en sonder ‘n seil.

WAT SÊ HIERDIE WARE GEVAL VIR ONS?

Daar Is Goed Wat Nie Met Geld Gekoop Kan Word Nie

Nie ál die geld van daardie skatryk man kon sy vrou se gesondheid terug koop nie. Hoe dikwels mors ons sulke mooi en kosbare dinge op. Ons laat glip dit deur ons vingers om dit nooit ooit terug te kry nie. Toe ons dit moes waardeer, opgepas en gekoester het, het ons nie die waarde daarvan besef nie: Huwelike, verhoudinge, vriendskap, gesondheid, ‘n goeie naam ...

As Jy Hoop Verloor, Het Jy Alles Verloor

Kyk net wat se patetiese man het hierdie vernuftige sakeman geword; die oomblik toe hy sonder hoop is. Hy wat eens ‘n sake onderneming suksesvol kon bestuur, het ‘n tragiese bejammerenswaardige figuur geword.

Alles Op Aarde Is Slegs Tydelik

Jesus het dit mos vir ons al lankal gesê (Mat 6:19): “Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;” Dus, moenie jou hoop stel op aardse en tydelike dinge nie. Dis alles bestem om tot niks te kom. Ons gaan op die ou end alles verloor. Ek en jy gaan tot selfs hierdie aardse lewe verloor!

Stel jou lewe op die dinge daarbo. Daar waar Jesus is (Kol. 3:1-3). Hy’s ons hoop en ons verwagting. Wie Hom ken, sal verewig lewe (Joh. 11:25)!

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church As jou hoop verdwyn
schoemans-chartered-accountants die-courant