Belinda Mulder is ± ‘n jaar gelede gediagnoseer met kanker. Alhoewel haar toestand verswak het, was sy altyd positief en het vasgehou aan Jesus tot op die einde toe. Sy het die goeie stryd gestry tot op 9 April 2009.
Terselfdertyd is haar dogter Simoné, 15 jaar oud, ook gediagnoseer met kanker. Sy ondergaan tans chemoterapie waarna ‘n operasie volg.
As gevolg van die mediese koste wat opgehoop het en die mediese fonds wat uitgeput is, is daar geweldige druk op die gesin. ‘n Noodfonds is in die lewe geroep om die gesin by te staan. Enige persoon wat ‘n bydrae wil maak, (hoe gering ook al) kan by ABSA Bank inbetalings maak. Kontant bydraes kan by die kerkkantoor van die AGS Corpus Christi gemaak word.
ABSA Bank
Naam: AGS Corpus Christi Malmesbury
Rek no. : 1012052550 (Tjekrek.)
Verwysing: Noodfonds – Mulder
Alle fondse sal direk aan mediese praktisyns of hospitale uitbetaal word en daar sal rekord gehou word van alle inkomste en uitgawes.
Gal. 6:2 - "Dra mekaar se laste ..."
Navrae kan gedoen word by:
Telefoon / faks no. 022-4872200 Selfoon 073 447 2902 (Piet Smit)
Epos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.



