SONDAGOGGEND 25 OKTOBER 2009 09:30
HUWELIKSDIENS: VERRYKING VAN JOU HUWELIK EN HERBEVESTIGING VAN HUWELIKSBELOFTES
PREDIKER: PAST. PIET SMIT
AANDDIENS 18:30
PREDIKER: GUMMY VAN DER WESTHUIZEN
Een keer per jaar bedien ons oor die huwelik. Dan roep ons aan die einde van die Woord al die getroude paartjies na vore om weer hulle huweliksbeloftes teenoor mekaar te bevestig.
Hierdie is ‘n baie spesiale geleentheid om jou huwelik weer op te skerp. Trouens almal, oud en jonk, getroud en ongetroud het nodig om goed ingelig te wees aangaande die huwelik.
Beskou hierdie geleentheid as ‘n baie spesiale belegging in jou huwelik of toekomstige huwelik! Nooi ook jou vriende of mense met ‘n huweliks krisis.



