Alhoewel vye reeds hul oorsprong in Bybelse tye het, was dit tot relatief onlangs nooit op winkelrakke beskikbaar nie as gevolg van ‘n kort raklewe. Gelukkig is dit besig om te verander. Vandag is daar nuwe kultivars wat vye weer binne die bereik van almal bring.
“Vyevreugde Figfun” is ‘n nuwe onderneming wat daarop fokus om vye te preserveer en dit dus so meer beskikbaar te maak. Vye bring vreugde en inspireer diegene wat daaraan blootgestel word. Verskeie van die resepte is deur ons self of naby familielede ontwikkel. Die vye is pers met ‘n heerlike geur en herinner aan Adamsvye. Die verwerkte produk se kleur is soortgelyk aan die van aarbeie en streel nie net die oog nie, maar betower ook die smaakorgane.
Gaan na Figfun se listing op ons directory vir meer inligting



