Hoërskool Swartland 15 Junie 2017

Nuusbrief vir 15 Junie 2017
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
15 Junie 2017
Beheerliggaam:
Ons herinner u aan die vakante pos wat by die beheerliggaam ontstaan het. Die tussenverkiesing word beplan vir 27 Julie om 18:00 in
die skoolsaal. U kan solank kandidate nomineer deur nominasie-vorms by die kantoor te kom afhaal en te voltooi. Baie dankie
byvoorbaat!

Klerebank tye
15 Junie 2017
Vanaf Vrydag 9 Junie, sal die klerebank op die volgende tye oop wees:
- Maandae, Woensdae, Vrydae: 09:00-14:00.

Korrels en kaf
15 Junie 2017
Ons Korrels en kaf skoolkoerantjie van dié kwartaal is gereed om geniet te word! Gebruik asseblief die volgende skakel om dit te
besigtig: http://korrelsenkaf.edublogs.org
Baie dankie aan mej Louise Hunlun en die redaksie wat hierdie produk vir ons moontlik gemaak het.

Mikayla presteer in pluimbal
15 Junie 2017
Mikayla Ritter is gekies om die Boland O/19A-span te verteenwoordig by die SA O/19-kampioenskappe en Interprovinsiale kompetisie
wat van 15 - 22 Julie 2017 in Kaapstad sal plaasvind. Baie geluk, Mikayla, en baie sterkte vir hierdie uitdaging!

Hokkie prestasies
15 Junie 2017
Beyers Strydom is tot die O/18B IPT hokkiespan, asook hul onderkaptein verkies.
Joshua Minnaar en Janco Meyer is tot die Boland O/16 hokkie streekspanne verkies.
Baie geluk aan hierdie seuns!

Ballet Eisteddfod presteerders
15 Junie 2017
Die volgende leerders het aan die Wes-Boland Eisteddfod te Langebaan op 26 Mei deelgeneem en pragtig presteer (alfabeties):
Anel Basson: (17-19jr) Trio - goud, Pointe trio - goud, Duet - Cum Laude.
Jaziel Burrows: (13-14jr) Solo - silwer, Duet - goud.
Gabriella Petersen: (15-16jr) Solo - goud, (17-19jr) Trio - goud, Pointe trio - goud.
Lize Rheeder: (13-14jr) Solo - silwer, Duet - goud.
Jacomien Steyn: (17-19jr) Solo - silwer, Trio - goud, Pointe Trio - goud, Duet - Cum Laude.
Baie geluk aan hierdie leerders met sulke pragtige uitslae!

Rugby uitslae
15 Junie 2017
HSS vs HS Vredenburg op Saterdag 10 Junie:
O/19A wen 45-11, O/19B wen 27-7, O/19C wen 29-7.
O/16A wen 50-0, O/15A wen 47-0, O/14A wen 14-8, O/14B wen 61-12.

Netbal uitslae
15 Junie 2017
HSS vs HS Vredenburg op Saterdag 10 Junie:
14A wen 21-10, 14B wen 20-11, 14C wen 9-5, 14D wen 15-3.
15A onvoltooid weens weer, maar voorgeloop 20-1, 15B wen 26-11, 15C wen 29-0.
16A wen 24-19, 16B verloor 11-21, 16C wen 25-4, 16D verloor.
17A wen 20-12, 17B wen 10-7.
18A kon nie speel nie a.g.v reën, 18B wen 32-3, 18C wen 32-2.

Hokkie uitslae
15 Junie 2017
HSS vs HS Vredenburg op Saterdag 10 Junie:
Dogters:
18A wen 3-0, 16A wen 4-0, 16B wen 10-0, 16C wen 10-0.
Seuns:
18A wen 6-0, 16A wen 4-0.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld 2017
15 Junie 2017
Die volgende skoolfonds-, koshuis- en bustariewe is vir 2017 goedgekeur:
Skoolfonds: R13 000 per jaar per leerder, as volg betaalbaar:
Per kwartaal binne die eerste 2 weke van die kwartaal, of maandeliks voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R24 200 per jaar per leerder, as volg betaalbaar:
Eenmalig vir die jaar voor 31 Maart 2017 met geen korting, per kwartaal binne die eerste 2 weke van die kwartaal, of maandeliks voor
die 25ste van elke maand.
Busvervoer (Riebeekroete): R2 000 per kwartaal, of R800 per maand oor 10 maande voor die 25ste van elke maand.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busvervoer) by die skool gekontak word.

Skool, koshuis, bus rekeningnommers
15 Junie 2017
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 1039827438
Koshuislosies vir seuns en dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 1039831311
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 1039829058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.
Let wel: Ons skool het ongelukkig nie kaartfasiliteite nie - u kan dus NIE enige betalings met u bankkaart kom maak nie. Slegs EFT
(elektronies), kontant of tjeks is aanvaarbaar.

KALENDER vir 15 Junie 2017 - 22 Junie 2017

15th Jun 2017
Uitnaweek

16th Jun 2017
Jeugdag

19th Jun 2017
Kooroefening 13:00-14:00
Skoolsaal

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Junie 09 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_593910e57cbfa931093229.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising