World Animal Day - 4 Oktober 2012

10-spcamuurHallo Mense!!!

More is World Animal Day  - 4 Oktober 2012 - en die begin van Animal Week.  

Swartland DBV vier hierdie dag more deur opknappingswerk te doen by die Kennels en bied 'n Muur-Verf-Projek aan vir kinders van die omgewing.

Die muur na die ingang van die kennels gaan 'n splinternuwe rok dra na dese.......en sal die kennels meer opsigtelik  maak vir verbygangers.


Ons is vreeslik opgewonde en glo die kinders gaan die Muur-Verf-Projek baie geniet en al die diereharte daar baie bly maak!!!!


Gee sommer more jou troeteldier 'n ekstra drukkie vir World Animal Day!!!

Help-Ons-Diere Vriende Groete

Rene

Malmesbury Advertising