Wanneer musiek die voedsel van die siel word...

08-andre-rieuSpeel hom pappie, speel hom. En wanneer jy hom goed kan speel, mag jy nooit ophou nie. Ek sal myself nou nie as 'n klasieke-musiek-groupie-aanhanger beskou nie en gaan ook nie saam met my Vrydagaand braai vir Bach of Mozart op my iPod laai nie, maar hel, beleef jy dit live is dit iets anders.

Ek was gisteraand bevoorreg om na Andre Rieu te gaan kyk by die Grand West Casino in die Kaap. Soos meeste mans wat al saamgesleep is om een of ander vorm van die uitvoerende kunste te beleef sodat hulle daardie gat in hul opvoeding kan vul, of om op te maak vir daardie aand uit saam met die manne, of om punte op te maak vir die komende aandjie uit saam met die manne, het ek ook maar effens lang in die tand na die besigheid gegaan.

En dan stiptelik om 20:00 stap Andre Rieu en sy Johan Strauss orkes so tussen die mense deur na die verhoog en die vreugde wat hulle uitstraal vang jou onmiddellik vas en in 'n oogwink is jy weggevoer met die verwondering deur mense wat deksels goed is met wat hulle doen.

Die pasafgelope Olimpiese Spele het mens laat besef dat wanneer jy mense dophou wat weet wat hulle doen, dit jou baie vreugde kan verskaf. Wie sal nou ooit kon dink dat ek so opgewonde kan word oor 4 mans in groen ballet uitrustings met roeispane in 'n klein kanotjie.

Bottom line is hulle is goed, vrek goed. En soos die mans altyd sê: dit is darem anders op Nuweland self, as wat jy die game op die kassie kyk. Mens moet maar daardie kunste-gaatjie in jou opvoeding probeer vul en nou en dan die ander shows oorkant Nuweland se spoor ook beleef.

Sê dan dankie vir die persoon wat jou vriendelik versoek het om saam te gaan deur 'n kaartjie in jou hand te stop. Dit was deur en deur die moeite werd en blerrie WOW, nou wag ek net vir die volgende assegaai paintings...dan gaan kokkenotch ons die ander kunste ook...

Malmesbury Advertising