SPCA: 'Putt for Paws' sê baie dankie

Die Putt for Paws Gholfdag ten bate van die Swartland DBV op 7 Maart 2013 was 'n groot sukses.

Ons wil graag dankie se aan al die gholspelers van die dag, wat hul steun kom gee het vir die beskerming van ons diere. Bekendes soos Wicus van der Merwe, Kurt Darren, Rob Louw, Jack Parow, Danie Nieuhaus, Duane Vermeulen, Wynand Strydom, Viljoen Retief, Breyten Paulse en die manne van Bokradio het ook kom wys hul gee om.

Die sukses van so 'n geleentheid hang grootliks af van die ondersteuning van plaaslike besighede en ons wil ons opregte dank uitspreek aan al die besighede en persone wat die dag geborg het. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het om so 'n mooi som geld vir ons Swartland DBV in te samel nie.

Ons sien uit na volgende jaar se "Putt for Paws Gholfdag"!!!

Besighede wat DBV ondersteun het is: Amazing Vouchers, Golfers Lodge Johannesburg, G & S PSG Aandele, BGR Accountants Malmesbury, Cobra/Puma, Select Music, Darling Cellars, Simonsig Wynkelder, Pro-Am Cothing, La Petite Grange Guesthouse Darling, Energizer, Shick, GetWine Cape Town, Leopard's Leap Wine. La Mott, Heinz Foods, Tafelberg Meubels, Sandveld Aartappels, PnP Malmesbury, Golfers Club Canal Walk, Fynbos Foods Malmesbury, FNB Malmesbury, Darling Meat, Sanlam, d, PSG Wellington, Altrisk, Audi Paarl, Nimue, Group35 Foods, Media 24, Tomi's Vleis, Dennys Mushrooms, Piet Blom en Boere van omgewing, Darling Romerye, Pilates by Tracy, BGR Wellington, Allan Gray, Boland Pulp, Luv'It Home and Decor.

More in this category: « Missing AgriKultuur »

Malmesbury Advertising