Salige Tevredenheid Featured

08-Salige-tevredenheid


Ek wil vertel van 'n oomblik waarin ek totale salige tevredenheid ervaar het en met die entoesiasme kom daar 'n liedjie van Adam Tas in my kop op wat ek wens ek kon als neerskryf,want dit is so in my kraal. Maar gaan luister dit gerus op wonderlike youtube.


' Op 'n riempiesbank in 'n rietdakhuis sit Liewe Jesus en my pa. Hulle praat so oor die boerdery en al die peste wat so pla. Op n agastoof staan n ketel en kook met soetswart boeretroos,daar is 'n glimlag op Jesus se gesig en in my pa se blou blou oë. En is dit hoe sy Hemel lyk en is dit hoe sy Hemel proe. Hoeveel paadjies moes hy loop om 'n stukkie van sy Hemel te proe.'


Op 'n pragtige sonnige wintersdag stap ek 'n plaaspad af,omring met 'n see van goudgeel canola-lande en 'n reeks van prentjiemooi Porterville berge. Dit was my stukkie hemel daardie dag! Totale salige tevredenheid oorspoel my hele wese!!
Ons elkeen se Hemel verskil en ons ervaar almal soms iewers een of meer kere wat ons weet,SO moet die Hemel lyk,SO moet dit voel,klink en proe. En hoe wonderlik is dit nie om 'n stukkie of stukkies Hemel elke dag te kan ervaar nie!!

Malmesbury Advertising