Sakekamer Maart Byeenkoms

Malmesbury Sakekamer byeenkoms, Dinsdag 12 Maart 2013 by die OLOK-Saal.

Dit is ons jaarlikse bespreking van die RSA Begroting soos deur die Minister van Finansies voorgehou op 27 Februarie 2013. Die spreker vir die aand is Mnr Chris de Jager van De Jager en Boshoff, wat met ons die nuutste veranderings in belastingwetgewing vir die 2013/2014 belastingjaar kom bespreek. Dit beloof 'n baie interessante bespreking te wees, wat ons almal se daaglikse doen en late in ons besigheid raak. Mnr De Jager is ook nou betrokke by die ondersoek in die Herman Pretorius likwidasie en hy gaan ook van die geleentheid gebruik maak om vir ons kortliks terugvoer te gee oor die vordering daar.

Die tys is 19:00 vir 19:30nm. Moenie die aand misloop nie en bring gerus u vriende & kollegas saam.

Kaartjies beloop R80 per persoon vir lede en R100 per persoon vir nie-lede en sluit 'n ligte ete in. 'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

RSVP asseblief stiptelik teen Vrydag 8 Maart 2013 om 16H00 by Annebelle van der Merwe, Bester en Vennote, tel. 022 4821060.

Ons doen weereens 'n beroep op al ons lede om die afsny datum van 8 Maart 2013 te eerbiedig ter wille van die persoon wat die kos maak. Ons sal ook ongelukkig ons reëling moet handhaaf dat, as 'n bespreking gedoen word die betroke persoon of instansie verantwoordelik sal wees vir die koste van hul bespreking. Ons kry te veel lede wat bespreek en eenvoudig sonder om rede te verskaf of reëlings te tref net nie opdaag nie, en die Sakekamer moet betaal vir die etes wat bespreek is.

Ons wil u versoek om u Ledegeldrekening so spoedig moontlik te betaal om ons in staat te stel om ons oorbetaling aan die AHI te kan maak.

Vriendelike groete

PATRYS BESTER (SEKRETARIS)

Malmesbury Advertising