'Pick your own Figs' Porterville Markdag

02-figfun 1Daar word 'n eerste "pick your own figs" dag in Porterville gehou op Saterdag, 23 Februarie 2013. Hierdie dag gaan gekombineer word met 'n "Proudly Porterville Market" in die Porterville NG Kerksaal. Daar gaan ook 'n Figfun stalletjie wees, waar aanwysings en alle reëlings rondom die vye pluk deurgegee gaan word. Die kerksaal is op die hoek van Voortrekkerstraat en Kerkstraat van Porterville.

Belangrik: Porterville raak warm in die somer - moet dus nie 'n hoed en sonbrandmiddel vergeet nie. Hoe vroeër - hoe koeler!

Tydens die markdag gaan daar nog verskeie ander aktiwiteite in Porterville plaasvind soos druiwetrap, windbuks skiet en perdekarritte. Daar gaan baie interessante stalletjies wees. Pomegranate SA gaan bv 'n granaatstalletjie hê met alles en nog wat oor granate. Die stalletjies gaan deur Portervillers aangebied word met die fokus op plaaslike produkte.

Mense sal verder ook op bestelling vars vye vir 'n "bargain" kan koop. Hulle bestel vooraf by Pomegranate SA en kom tel dit dan by die markdag by Pomegranate SA se stalletjie op. Hoe klink R10 / kg, vir vye wat nie uitgevoer kan word nie, maar nog steeds heerlik is? Dis nou vir diegene wat smag na vye, maar dalk om die een of ander rede dit nie self kan pluk nie. Moontlik is daar mense wat 1 of 2 kg wil pluk, maar baie kg wil huis toe neem. Op hierdie manier kan ons ook vir hulle akkommodeer. Kontak Pomegranate SA op 022 931 2213 om vooraf bestellings vir vye te plaas.

Porterville is bekend vir paragliding en die All Africa Paragliding Kampioenskappe vind plaas vanaf 16 - 22 Februarie vanjaar, gevolg deur die Internasionale Paragliding kampioenskappe daarna tot 2 Maart. Hier gaan dus internasionle deelnemers op Porterville toesak! Op 23 Februarie gaan die paragliders 'n oefendag hê, met die opening van die internasionale kompetisie die aand. Die lug gaan dus vol paragliders wees en mense sal berg-op kan ry om van naby te sien hoe paragliders dit doen.

Groete / Regards

Karin Knoetzen
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Vyevreugde - Figfun
Eikenhof Boerdery
Posbus / PO Box 219
Porterville
6810
Tel: 022 931 3201 / 083 320 7389
Fax: 086 295 5466
Email: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Hanro Knoetzen: 083 656 2241, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Malmesbury Advertising