Malmesbury Sakekamer Diensverskaffer Nominasies 2012

08-diensverskaffer-nominasies-malmesbury-sakekamerNet paar dae oor om jou Diensverskaffer van 2012 te nomineer.

Nominasies vir die Sakekamer se diensverskaffer van die jaar 2012 sluit 30 September. Daar is dus slegs 'n paar dae oor om besighede te nomineer wat jou uitstekende diens gelewer het.

Dit is nie 'n geslote kompetisie nie en enige besigheid kan genomineer word. Besighede hoef nie deel te wees van die sakekamer om in aanmerking te kom nie en netso hoef jy nie deel van die sakekamer te wees om iemand te nomineer nie.

Nominasies word soos verlede jaar aanlyn gedoen op Malmesbury Sakekamer se webwerf en die direkte skakel na die nominasies is www.sakekamer.co.za/diens-nominasies . Vir groter deursigtigheid het die bestuur besluit om die nominasies nie meer geslote te hou nie. Almal kan dus sien wie genomineer word en wie hulle genomineer het.

Nominasies wat reeds ontvang is sluit die een van Lana O'Callaghan in oor IC Ink: Puik vriendelik en flinke Diens met uitstekende pryse - baie tevrede kliënt

Diaan Botha het die volgende gesê van Roers: Beste verskaffer van produkte aan my gastehuis!

Wanneer jy 'n besigheid nomineer vir sy goeie diens, kom jy ook in aanmerking vir 'n prys van R500 wat die bestuur beskikbaar gestel het. Die wenner van die R500 sal deur 'n gelukkige trekking gedoen word en sal op die Gala-aand oorhandig word.

Nominasies sluit 30 September waarna ons sal oorgaan na die stemming.

Malmesbury Advertising