Malmesbury Lions, Superspar en Nedbank hou Kersfees vir Jo-Dolphin

Jo-Dolphin is 'n instansie wat sorg vir kinders en grootmense met fisiese en geestelike gestremdhede. Behalwe die sorg wat hulle ontvang, word hulle ook fisies en geestelik gestimuleer sodat elkeen sy volle potensiaal kan bereik.
Op Woensdag 5 Desember het Malmesbury Lions vir hulle 'n Kersparty gehou in samewerking met Malmesbury Superspar en Nedbank Malmesbury.

Malmesbury Superspar se Des en Rozanne Moller was daar om te help om die presente wat die Superspar geskenk het, uit te deel. Nie net het hulle vir elkeen 'n Kersgeskenk geborg nie, maar oor 'n lekkerny pakkie gegee om saam huis toe te neem.

Suid Africa se eie "Grand Prix Little Princess of the Universe" het die kinders kom toespreek.

Alucci is 'n graad 4 leerder van die Laerskool Courtrai in die Paarl en het die "Princess of the Universe" kompetisie gewen wat hierdie jaar in Bulgarye gehou was. As deel van haar liefdadigheids werk, het sy die mense van Jo-Dolphin kom toespreek en sommer die oggend saam met hulle deurgebring en gekuier.

Verder wil ons vir Natie Albertyn van Nedbank Malmesbury dankie sê vir hulle finansiële bydrae om die partytjie moontlik te maak. Met hulle hulp kon die 18 kinders en 4 werkers van Jo-Dolphin, die Lions en Superspar lekker smul aan koek, lekkers, snacks, roomys en wat nog meer.
Malmesbury Lions is deur die jaar betrokke met Jo-Dolphin en Merina van der Merwe van die Lions maak gereeld 'n draai by die tehuis. Sy sorg dat elkeen se verjaarsdag nie ongesiens gaan nie en reël vir elkeen 'n partytjie wanneer hulle verjaar.

As enige iemand wil betrokke raak by Jo-Dolphin of Malmesbury Lions, kan hulle vir Merina kontak by 083 283 7897.

Media

Malmesbury Lions hou kerspartytjie vir Jo-Dolphin Rudolf Knoetzen

Malmesbury Advertising