Langsdiebos Mark 1 jaar oud : 20 Aug 2016

Op Saterdag 20 Augustus 2016 vier die Langsdiebos Mark in Malmesbury sy eerste verjaardag. Op die dag gaan daar musiek gemaak word, baie markgeskenkpakke te wen wees en groot fees gevier word! Kobus Basson, bekende aankondiger by sportbyeenkomste in die Boland, gaan die sanger wees en die gelukkige trekkings doen.

Langsdiebos Mark word elke Saterdag van 09h00-14h00 gehou op die Voortrekkerterrein agter Hoërskool Swartland se sportgronde.

Die Langsdiebos Mark is 'n lekker, bedrywige plattelandse mark wat besoek word deur mense van oral in die Wes-Kaap. Die mense kom vir die gesellige atmosfeer, die lekker ontbyt, quiches, terte, koek, beskuit, poedings, fudge, ingelegde produkte, kaas, samoosas, vetkoek, Hollandse poffertjies, spring rolls, afval, groente, boereworsrolletjies, seekosprodukte en natuurlik die pannekoek en koffie. Dan praat ons nie eers van al die mooi handgemaakte goed wat te koop is nie!

Plaaslike kunstenaars kry elke Saterdag 'n geleentheid om by die mark op te tree.

Langsdiebos Mark wil aan die einde van die eerste jaar graag baie dankie sê aan hul borge, Nova Voere en Lize Signs wat 'n groot bydrae gelewer het om die mark aan die gang te kry. 'n Groot dankie gaan ook aan die Voortrekkers vir die gebruik van hulle terrein en die baie werk wat hulle ook in hierdie jaar ingesit het om die terrein op te knap en te verbeter.

Vir meer navrae oor die mark, skakel Marilizé Crafford, 072-0526280 of stuur 'n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Malmesbury Advertising