Cpm En Lions Klub Malmesbury Hou Dag Van Gestremdes

Wat is plesier was dit nie vandag by CPM nie!!

CPM kry 'n harde HANDEKLAP van almal (die gemeenskap) vir die ywerigheid en entoesiasme
wat hulle (die kinders) vandag mee vorendag gekom het.

Elke klas van Christelike Privaatskool Malmesbury het letterlik bokse en swartsakke vol speelgoed en gebruiksartikels bymekaar gemaak vir kinders van Jo-Dol. (die organisasie vir gestremdes in Malmesbury en omgewing).

Die Lions Klub het met die idee vorendag gekom, Juf Lynette van Huyssteen gaan besoek en toe het sy soos 'n ware voorvatter, die kinders se hulp gevra.
Dit wys jou, as mense koppe bymekaar sit, kan vele gedoen word.

Die idee was dat 'n boks vir elke klas gegee sou word sodat die kinders soos hulle wou, 'n lekkertjie wat hulle in hul kosblikke het of 'n gebruikte speelding by die huis (wat darem nog heel is) in die boks te kom sit. Die CPM kinders was so OPGEWONDE oor hierdie projek. Daar moes bokse aangery word plus swartsakke, want daar was net ongelooflik baie geskenkies. Elke klas het ook die moeite gedoen en self die bokse versier.

Vanoggend het CPM en Lions Klub Malmesbury die voorreg gehad om dit aan die Gestremde kinders van Jo-Dol. te oorhandig. Die Wes-Kaapse Organisasie vir Gestremdes was ook teenwoordig en het die kinders vertel van al hulle werke asook hoe ons as "gewone" mense moet optree teenoor gestremdes. Daar was gelag en geeet en gedrink tot vele opgewondenheid.

Van Jo-Dol se kinders kon natuurlik nie wag om op die fietse en skop-fietse te ry nie. Baie kinders wou natuurlik vir hulle "help" tot groot opgewondenheid.

Dit was voorwaar 'n dag wat CPM kinders NOOIT sal vergeet nie. Die kinders het ook toe voorgestel en aangedring dat elke klas 'n Gestremde kind "aanneem". Wat hulle idee is, is om die Gestremde kind se foto groot in die klas te plak. Hulle wil soos die nuwe jaar verloop, geskenkies vir hul "maatjie" bymekaar maak. Die maatjie sal hulle gereeld in die klas gaan besoek en die klas wil ook die maatjie gaan besoek.

Behalwe dat dit 'n opvoedkundige les is/was vir die CPM kinders, was dit 'n belewenis vir die Jo-Dol kinders. Hulle het dit vreeslik geniet en mens kon die opgewondenheid in hulle pragtige gesiggies nie mis kyk nie.

God het mense verskillende gemaak en Hy het ons almal die vermoeƫ gegee om lief te wees vir mekaar. Mag ons deur die oƫ van 'n kind die wonderlike dinge in te lewe ervaar.

Adriana Scholtz

Media

Malmesbury Advertising