TLC Winter uitdaging update

Ek is nou al maand en ’n half besig met my TLC plan en staan nou reeds op 13kg wat ek verloor het. Dit alles terwyl ek die tweede helfte van my tyd maar erg oortree het. Alhoewel ek nie verlof gehad het nie, weet mens wanneer dit vakansietyd is en die rieme het bietjie slap gelê gedurende die tyd.

Wat ek wel geleer het gedurende my tyd op die TLC plan is dat mens baie minder voedsel nodig het as wat jou oë jou laat glo. Verder kan ek amper dit nie glo dat deur net reg te eet, mens eintlik so maklik kan gewig verloor nie. Ek moet bieg ek volg nie my plan 100% nie, maar nog steeds kry ek resultate deur die algemene eetplan beginsels te volg.

Volgens die weer bleik dit dat ons dalk die week weer ’n paar dae bo 20 grade gaan kry en die motivering wat ek soek om aan die einde van die jaar my hemp uit te trek, weer op dreef sal kry. Die laaste paar kg, in my geval is dit baie meer as ’n paar, is mos altyd die moeilikste.

Van vandag is dit weer 100% TLC!

Related items

Malmesbury Advertising