TLC winter uitdaging

Sedert ek my twintigerjare agtergelaat het, het ek elke jaar vir myself gesê hierdie jaar gaan ek iets aan my pens doen sodat ek my hemp weer vir die eerste keer in 'n dekade kan laat waai sonder die vrees dat die mense rondom my hulle middagete gaan verloor of ek die son trip nie.

Tydens Desembers moet ek seker maak dat Green Peace of Oempie nie op die strand is wanneer ek gaan swem nie, vir die vrees dan hulle my sal terug sleep see toe of my gereeld kom natgooi met ''n emmer seewater terwyl ek op die strand lê.

Tyd stap vinniger aan as wat mens dink en nou dat ek amper my dertigerjare gaan verlaat, het ek besluit tot hier toe en nie vêrder nie. Ek het ook al alle goed probeer van pille, inspuiting en shakes, maar dink nie dit is volhoubaar nie, want niemand wil lewenslank op die goed wees nie.

Toe kom ek af op TLC. Die pille, inspuiting en shakes wat hulle voorstel is doodgewoon 'n lys van gesonde kos waaruit jy jou etes moet voorberei. Niks druppels of snaakse goed nie, net doodgewone kos en natuurlik 'n bietjie oefening.

Ek het reeds my eerste week voltooi en het 5,4kg verloor gedurende my eerste 8 dae. Toegegee, dit is seker maar redelik waterretensie of alkohol wat ek verloor het, ja geen drankies tydens die gewig verloor fase nie, maar dit help wanneer mens reg eet en bietjie oefen en die skaal gesels saam, of kraak darem nie te veel wanneer jy daarop klim nie.

Nou is ek in week 2 en dinge gaan nog goed en sal julle op hoogte van sake hou. Vir meer inligting gaan na TLC se listing atmalmesbury.

Malmesbury Advertising