TLC Mediese eetplan

‘n Mediese eetplan wat jou help om vinnig, gesond en blywend gewig te verloor

Meeste van ons stry maar ‘n ewigdurende stryd teen die vetjies en die ou rolletjies wat op die mees verstommende en ontoepaslike plekke gaan sit en aanplak en bult.

Vir sommige van ons meer dramaties as vir ander. Maar daar is voorwaar niks wat ‘n mens so misrabel kan laat voel en jou hele dag omkrap as jy voor jou kas staan en niks, maar niks in jou kas, wil pas of ‘reg’ sit nie. Dit is dan wat jy sommer afsit winkels toe opsoek na daardie ‘wondermiddel’ wat jou so gou as moontlik kan dunner maak.

Maar helaas, na ‘n week, indien jy wel so lank uithou, besef jy, jy het jou geldjies gemors en gaan jy maar voort op jou ou weë. Die ironie van die saak is dat geen van die sogenaamde ‘wondermiddels’ regtig werk nie. Inspuitings werk, maar net vir ‘n rukkie. Die probleem is dat al die chemise ingrypings net jou sisteme verder opvoeter. En agterna, betaal jy ‘n duur(der) prys. Daar is net een manier om gewig te verloor en dit is om met ‘n wetenskaplik gefundeerde plan te werk. Nou liewe vriende, hier is so ‘n plan:

TLC is ‘n program wat jou vir ‘n kort tydperk help om met behulp van ‘n medies uitgewerkte formule jou lewe weer op dreef te kry en oorgewig en gesondheidsprobleme te oorkom.

Die probleem is dat meeste van ons oor die jare ‘n paar verkeerde eetgewoontes aangeleer het wat baie moeilik is om van ontslae te raak. Die TLC eetplan gee aan jou die regte ‘tools’ om van daardie oortollige kilo’s ontslae te raak en boonop jou algemene welstand te verbeter.

WAT BEHELS DIE EETPLAN?
  • ‘n Persoonlike TLC program word vir elkeen uitgewerk: Dit
  • Die TLC program is maklik om te volg: Stap vir stap aanwysings help en begelei jou deur al vyf die fases van die Program.
  • Vinnige resultate: Daar word gebruik gemaak van ‘n formule waar die regte kombinasies en presiese hoeveelhede van die regte kosse met mekaar gekombineer word om jou liggaam se eie metaboliese prosesse aan die brand te skop, vet te verbrand wat weer tot vinnige, effektiewe en veilige gewigsverlies lei.
  • Doodgewone kosse word voorgeskryf: Die eetplan sluit slegs gesonde, voedsame en gebalanseerde kosse wat in die plaaslike supermark verkrygbaar is in.
  • Dit is ‘n veilige proses: Gewone kosse word as ‘medisyne’ vir jou liggaam aangewend.
  • Resultate is langdurend: KLiente volg die 5 TLC fase plan wat hul help om hul gewig vir die res van hul lewens af te hou.
  • Ondersteuning: TLC kliente word vir die duur van hul program ondersteun en bemoedig.
  • Ondervinding: TLC bestaan reeds vir die afgelope 25 jaar (sedert 1987) en die resultate spreek vanself.
WATTER RESULTATE KAN VERWAG WORD?

Die volgende resultate is al deur ons menige suksesvolle kliente aangemeld:

  • Vinnige, veilige vetverlies
  • Verminderde angs en stress
  • Totale afname in ‘cravings’ en hongerpyne
  • Genesing van spastiese kolon
  • Dramatiese verbetering van bloedsuiker
  • Dramatiese verbetering van vel
  • Diabetes (tipe 2) verdwyn
  • Geen hoë bloeddruk meer
  • Cholesterol vlakke daal aansienlik
  • Beduidende teenverouderings voordele
  • Sooibrand verdwyn
  • Dramatiese afname in selluliet
  • Dramatiese toename in spiertonus en fermheid.

Omdat TLC se programme deur wetenskaplikes ontwikkel is, word dit wêreldwyd deur mediese dokters aanbeveel.

 HOE WERK DIT?

Kom ek probeer in leketaal verduidelik. Wat gebeur is dat jou hormonale vlakke herstel en in balans gebring word: jou insulien en cholesterolvlakke moet gebalanseerd wees. Dit laat jou liggaam gewig verloor. Om alles te kroon, word die menslike groeihormoon aan die brand geskop en jou liggaam 'verjong' as't ware. Daarom sukkel mense wat hierdie eetplan volg, nie met plooie, los velle, ens. nie. Selluliet vloei weg, groot mage word kleiner, en jy lyk pragtig en jonk. Mense raporteer dat hul wakkerder en meer energiek voel.

 Soos genoem, hier is geen medisynes, shakes of inspuitings betrokke nie. Jou kos is letterlik jou medisyne. Daar word wel aanbevelings gemaak vir sekere aanvullings wat ons almal maar moet neem as gevolg van die feit dat die kos wat ons deesdae eet nie meer is wat dit moet wees nie.

 WAT IS DIE KOSTE DAARAAN VERBONDE?

Die program kos R1950 - die bedrag sluit alles in. Jou eetplan, boekie, toegang tot jou eie blad op die TLC website met resepte, asook jou besoeke aan jou persoonlike ‘afrigter’ tot en met wanneer jy jou totale gewig verloor het.

 Daar is 'n afbetaal opsie beskikbaar. Dit werk as volg:  Jy betaal 'n aanvanklike fooi van R850 en betaal die res oor 4,8 of 12 maande af, afhangende van hoeveel gewig jy moet verloor. Indien minder as 20Kg. Sal jy bv. Die 4 maande opsie neem.

 WAT STAAN MY TE DOEN?

Indien jy siek en sat is vir jou lyf, wees dapper en begin so gou moontlik. Loraine en Gerhard Malan het dit reggekry. Jy kan dit ook doen. Kontak hulle gerus:    Loraine 0714929797:  Gerhard 0713547591

Agent vir TLC in Malmesbury: Nora 0828261729

Malmesbury Advertising