Wêreld Kanker Dag Featured

02-cansa-wereld-kanker-dag-imageDie Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) daag elke Suid-Afrikaner uit om hulself af te vra: 'Wat kan ek doen omtrent kanker?' Hierdie Wêreldkankerdag op 4 Februarie kan jy iets persoonlik doen om die lewe van iemand wat deur kanker geraak is, te verander.

Wêreldkankerdag 2012 het as tema:

Tesame is dit moontlik aangesien dit slegs deur die gesamentlike poging van elke individu, organisasie en
regering moontlik is om die voortydige sterftes aan kanker en ander nie-oordraagbare siektes wêreldwyd
teen 2025 met 25% te verminder.
KANSA beveel die onderstaande maniere aan om 'n verskil in die geveg teen kanker te maak:

As 'n individu

  • Begin eers self om daagliks slim keuses te maak. Vermy die son tussen 10:00 en 15:00, moenie rook nie, volg 'n gesonde, gebalanseerde dieet en oefen gereeld.
  • Teken die KANSA petisie vir die verbanning van sonbeddens vir kinders onder 18 -http://tinyurl.com/3cynmq6
  • Ondersteun ons 'BPA Bababottel Omruil- en Herwinningsprojek' om babatjies veilig te hou - http://tinyurl.com/8xqhgmj

Ons moet as ‘n nasie saamstaan en met die hulp van die regering verantwoordelikheid aanvaar om Suid-Afrika 'n
gesonde en kankerslim land te maak.

As gesin

Sien na mekaar om deur 'n voorbeeld te stel en jou geliefdes op te lei. Ouers behoort skyfies en sjokolade in hulle
kinders se kospakkies te vervang met gedroogde vrugte en volgraankossoorte. Neem die hele gesin na jou
plaaslike winkelsentrum op 3 of 4 Maart en ondersteun KANSA se 2012 Shavathon met 'n R50 skenking vir
volwassenes en R25 vir kinders onder 12.

As 'n maatskappy, organisasie, klub of skool

Ken jou regte in terme van die wet op tabakprodukte en ondersteun dit. Nooi KANSA se personeel om
dwarsdeur die jaar praatjies te hou oor gesondheid en om kanker siftingstoetse te doen. Voed op, lig in en moedig
lede, leerders en werknemers aan. Jy kan nou aanlyn gaan en 'n skenkingsblad op KANSA se webtuiste open en
geld insamel vir die geveg teen kanker.

Raak betrokke by jou naaste RFL geleentheid: Vrdenburg: 3&4 Maart;
Malmesbury: 17&18 Maart en Porterville 23&24 Maart 2012.
Vir meer inligting kontak u plaaslik KANSA kantoor op Malmesbury: 022 48 2111 of besoek www.cansa.org.za
of skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22, of e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Malmesbury Advertising