Porterville Christusfees 2009 Featured

swartland-business-christusfees-portervilleDie Christusfees is 'n gemeenskapsfees met 'n verskil en word vanjaar vir die vierde maal op Porterville aangebied vanaf 9 - 11 Oktober  2009 by die sportgronde van Hoërskool Porterville. Bring jou gesin, familie en vriende!

(Kindervriendelike omgewing)

Die Christusfees bied drie dae van topgehalte musiek, talle kos- en droë stalletjies, 'n karavaankamp op die terrein asook talle ander gerieflike gastehuise in die omgewing. (sien webtuiste www.christusfees.co.za vir alle inligting).

Ons bied weer 'n jeugfees saam met die Christusfees aan - fees binne 'n fees!!  Die Jeugfees  word gelei deur  13th Floor en groepbesprekings is welkom.  Dit beloof om 'n groot ondervinding vir elkeen te wees.

Die groot bonus is dat alles aangebied word in die wonderlike plattelandse rustigheid van Porterville, slegs 'n uur vanaf Kaapstad.  Kom geniet 'n heerlike naweek in 'n pragtige omgewing met 'n propvol program vir almal!

Bring sonsambrele en kampstoele!

Sien volledige program: www.Christusfees.co.za

Malmesbury Advertising