Moet die nuwe mall Malmesbury toe kom? Featured

10-moet-die-mall-komOmdat dit 'n kwessie in Malmesbury is het ons vir interessantheid 'n stemming gehou of die nuwe mall Malmesbury toe moet kom. Die stemming het toe 'n definietiewe wending aangeneem en ons kan die stemming in fases opdeel.


Net nadat die stemming bekend gemaak is, het die ja stemme sowat 62% van die stemme gekry. Kort daarna het die vakansie aangebreek en die ja stemme het omtrent stil gestaan.

 

Teen die einde van die vakansie het die ja stemme gedaal tot net bo 50%. Maar toe almal weer terug op die dorp is, het die ja stemme weer vlugtig gegroei en staan dit nou weer by sowat 61%.

'n Mens kan dus 'n ongegronde stelling maak dat besigheids mense wat nie op vakansie gegaan het nie, gedurende die vakansie teen die mall gestem het en dus het die % gedaal van 60- tot 50%. Met die terugkeur van die vakansiegangers wat seker meestal gebruikers is, het die ja stemme weer gestyg na 60%.

Dus 'n verdere ongegronde stelling kan wees dat besigheidsmense gekant is teen die mall terwyl die gebruikers vir die nuwe mall is.

In die huidige finansiele klimaat is dit verstaanbaar dat besigheidsmense bang is vir die uitbreiding terwyl die gewone man op straat sal baat vind uit 'n wyer keuse en so bietjie van 'n prysoorlog. Dalk sal dit veroorsaak dat so baie van die mense wat nog steeds hulle geld in malls in Paarl, Durbanville en die Kaap spandeur, 'n kopskuif maak en al die geld in Malmesbury hou. Dit kan op sy beurt die vrese besweer deur baie plaaslike besigheidsmense.

As jy 'n opinie het oor die saak, gaan stel dit met jou naam of gebruik 'n skuilnaam op ons FORUM

Malmesbury Advertising