Jannie du Toint by de Bron Featured

06-jannie-du-toit'n Musiekstorie van 40 jaar – Jannie vermeng humor en erns met staaltjies en liedjies in Afrikaans, Engels, Frans en Nederlands

Jannie neem die gehoor op 'n boeiende reis van teks en musiek waarin Afrikaans die botoon voer, maar daar is soos van hom verwag kan word, ook pragtige Nederlandse liedjies en 'n skeutjie Frans en Engels by – waaronder liedere van kabaretmeesters Jacques Brel, Bertolt Brecht en Koos Doep.

PG du Plessis se gevatte verhoogteks, Emma Bekker se sterk regié en Jannie se fyn aanvoeling vir erns, die komiese asook vir die vertolking van wyd uiteenlopende musiekgenres maak hierdie aanbieding 'n genotvolle anderhalfuur se gesofistikeerde vermaak. Die program is 'n gepaste viering van sy veertig jaar van passie vir Afrikaanse musiek en hoewel Jannie en Christa Steyn se 25 jaar lange samewerking nie in Onderweg voortgesit kon word nie, word die produksie aan haar opgedra en dink almal positief aan Christa op haar pad na herstel. Jannie word intussen uitmuntend bygestaan deur twee topmusikante – die tjellis Susan Mouton en pianis Clinton Zerf.

ONDERWEG

Jannie du Toit

met Clinton Zerf (klavier) en Susan Mouton (tjello)

De Bron Klein Teater - Malmesbury

14 Julie 2012

Klavier: Clinton Zerf Tjello: Susan Mouton Teks: PG du Plessis Regie: Emma Bekker

Tyd: 18h00 - 19h00 (Ete en gesellige verkeer) 19h00 begin vertoning

Kaartjies: R100 (Beskikbaar by -022-487 2000)

Bespreek 'n tafel vir 4 of 6 persone en bring eie eetgoed en drinkgoed!

More in this category: Gemeenskap Polisie Forum »

Malmesbury Advertising