Groeipyne tot sukses Featured

03-smm-veranderingsBesigheid het baie verander in die laaste 2 en 'n half jaar. Om bo aan die lys te bly moet jy innoverend en buigbaar wees. "You must be willing to embrace change."

Swartland Multimedia het ook baie veranderings ondergaan van ons klein begin in Oktober 2008.

Met ons afskop was ons bekend as Blueblog.co.za maar ons het besef die mense in die Swartland vat bietjie moeilik aan die naam. Ons het besef ons moet eerder iets nader aan die hart gebruik en dit koppel aan die omgewing.

Swartlandhome.co.za was toe ons eerste verandering in naam gewees. Ons het in 2009 en 2010 baie goed gegroei en was BAIE sterk op Google. Maar einde 2010 het ons besef ons wil die webwerf na nog groter hoogtes neem, maar die naam het weer ons so bietjie geklem.

Swartlandmultimedia.co.za was ons tweede naamsverandering. Ons voel egter met die produkte en dienste wat ons op die webwerf bied asook toekomstige produkte, dat ons nou op die regte een besluit het.

Dus alhoewel ons dalk nuut voorkom is ons al vir 2 en half jaar in die Swartland. Die nadeel om jou naam te verander is dat jy al jou Google rankings verloor en basies van voor begin.

Ons het egter die resep om bo by Google uit te kom. Ons is alreeds weer die besigste webwerf in die Swartland met meer as 3000 "page 1 Google searches" per maand

Swartlandmultimedia.co.za kry elke dag tot 16 000 hits en tot 2200 bladsye word daagliks gelees.This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

En dit is net die begin!

Vir opsies hoe jy jou besigheid kan adverteer op die BESIGSTE WEBWERF in die Swartland, gaan na ons opsies blad of kontak Rudolf Knoetzen by 022 482 4752 of 073 143 9530{jathumbnail off}

Malmesbury Advertising