Gemeenskap Polisie Forum Featured

06-polisieforumEk was gisteraand by die sakekamer se Junie ledevergadering waar SA Polisiediens, Gemeenskap Polisie Forum en Korrektiewe Dienste ons kom toespreek het en was baie beïndruk deur die sprekers wat vêr gegaan het om sommige van my wanpersepsies uit die weg te ruim.

Ons almal is min of meer onder die indruk dat daar met gevangenis gewerk word sodat wanneer hulle die dag vrygelaat word, hulle 'n bydrae tot die samelewing kan maak. Nooit het ek geweet hoe intens daar gewerk word nie.

Korrektiewe dienste het 'n 21 dag "ken die gevangenis" waar hulle nuwe lede leer ken en vrae vra soos hoekom hulle gedoen het wat hulle gedoen het, waar dit was, wie is hulle, wie is hulle mense, kan hulle lees en skryf en kan ons hulle verder oplui, het hulle sielkundige hulp nodig en wat hulle belangstelling is. Alles net om 'n idee te vorm van wie die persoon regtig is en sy omstandighede.

Dan word daar 'n plan opgestel vir elke gevangene en met hom gewerk gedurende hulle tyd daar. Natuurlik is nie almal werkbaar of kan gerehabiliteer word nie en sommige sal nooit hulle tyd gebruik tot voordeel van hulself nie. Daar is egter sommige gevangenis wat beter uitstap as wat hulle ingegaan het en dit is daardie lede wat ons as besighede moet probeer intrek en werk verskaf sodat hulle nie weer die paadjie terugloop nie.

Julle is welkom om enige voorstelle deur te gee of enigiets wat op hart is te deel gaan na die forum by http://www.atmalmesbury.co.za/forum/main-forum/gemeenskap-forum/sakekamer-ledevergadring 

Malmesbury Advertising