Diensverskaffer nominasies nou oop Featured

08-diensverskaffer-nominasies-malmesbury-sakekamerMalmesbury Sakekamer diensverskaffer nominasies nou oop
Nadat die sakekamer verlede jaar die diensverskaffer nominasies vir die eerste maal aanlyn gedoen het, het die bestuur besluit om die proses verder te skaaf. Waar die nominasies in die verlede slegs 'n maand voor die stemming gedoen was, sal dit voortaan reg deur die jaar oop wees.

Ons glo dat dit aan alle besighede 'n gelyke kans sal bied om genomineer te word. Dit sal ook verseker dat besighede reg deur die jaar goeie diens aan hul kliënte lewer en nie slegs in Oktober nie. Die nominasies word aanlyn gedoen op die Sakekamer se webwerf en die nominasies is oop vir almal.

'n Verdere verandering is dat die nominasies oop is in die sin dat jy jou naam moet bysit met die nominasies. Almal kan sien wie watter besigheid genomineer het en dus verseker dat die goeie diensverskaffers deur hul tevrede kliënte genomineer word.
Om te stem gaan na http://www.skakekamer.co.za en klik op "Diens Nominasies." Klik dan op "Nomineer Besigheid" aan die regterkant en vul die vorm in. Enige navrae kan gestuur word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Malmesbury Advertising