Diensverskaffer nominasie proses Featured

11-malmesbury-sakekamer-image-01Malmesbury Sakekamer het Vrydagaand hulle top diensverskaffers van die jaar aangewys.  Dit is die eerste jaar wat die nominasies en stemming aanlyn op die Sakekamer se webwerf gedoen was.  Daar is natuurlik altyd spasie vir verbetering waar dinge beter gedoen kan word.

Die proses was geslote met die nominasies asook die stemming. Besighede is genomineer en die besighede met die meeste nominasies het dit dan uitgespook vir die beste diensverskaffer waar mense weer in die geheim vir hulle gestem het.

Die hele proses het gedurende September en Oktober geskied.  Dit is daar waar ek glo mens kan skaaf en bietjie verander.  Besighede moet regdeur die jaar aangemoedig word om hul beste diens aan hul kliente te lewer en dus sal die verbruikers ook daarby baat.

My voorstel aan die Sakekamer sal wees dat mens die nominasies oopstel en begin op 1 Januarie 2012.  Wat ek bedoel met oopstel is dat wanneer ‘n besigheid ‘n nominasies kry, dit openlik gedoen word en mens moet sien wie die besigheid genomineer het asook hoekom.

Die nominasie proses moet dus nie geslote wees nie maar oop vir almal om te sien wat ek glo die proses nog meer gelyk sal stel en sorg dat die regte besighede die finale lys sal haal vir wie daar dan gestem word.

Ek sal verder voorstel dat die besighede wat genomineer word reeds op ‘n kortlys geplaas word wat elke einde van die maand saamgestel word.  Met elke lede vergadering wat maandeliks gehou word en ook oop is vir engie besighede, kan mens die lys bekend stel.

Dit sal verseker dat daar regdeur die jaar goeie kompetisie is en dat besighede nie net gedurende September Oktober hul diens opskerp nie.

Wanneer die wenners aan die einde van die jaar aanwys word, sal almal nie so verras sal wees indien hulle wen nie!  Dit is egter net ‘n idée wat ek het en ek nooi almal uit om hulle menings te lig op ons forum en voorstelle te gee.  Gaan na die Sakekamer Forum en sê jou sê!

Malmesbury Advertising