Die Swartland van 2030 word vandag geskep Featured

11-swartland-munisipaliteit-image-01Na die afloop van ‘n werkswinkel wat die Swartland Munisipaliteit op Dinsdag die 1ste Oktober met sakelui en belangrike rolspelers gehou het, het burgermeester Tijmen van Essen gesê “ten spyte van die “potholes” is die toekoms rooskleurig as ons besef dat hierdie top-sakelui wat vandag waardevolle insette gelewer het, ook in die toekoms van enorme hulp gaan wees. Let’s make it happen.”

Nadat amptenare etlike van die munisipaliteit se onmiddellike en langtermyn-uitdagings uitgespel het, is daar in groepe verdeel om na spesifieke kernareas te kyk en moontlike oplossings te help vind.

Die direkteur van finansies, Kenny Cooper, het gesê dit is ‘n geweldige uitdaging vir die owerheid en die gemeenskap om toe te sien dat die ondergrondse infrastruktuur van hierdie munisipale area vervang word. Hy het gesê die munisipaliteit is bekommerd oor of hulle 'n bekostigbare rekening aan die inwoners kan lewer, inaggenome die ekonomie daarbuite.

 

Malmesbury Advertising