Besigheidsontbyt: Maatskappywet 2008 Featured

11-agri-mega-besigheids-ontbytHierdie is ‘n ideale geleentheid om jul kennis van die nuwe maatskappywet en die implementering daarvan op te skerp.

Die Nuwe Maatskappywet (no 71 van 2008) is deur die Nasionale Minister van Handel en Nywerheid in werking gebring om koste en rompslomp te verminder en dit makliker te maak om sake in die land te doen.

Vir landbouprodusente wat hul boerdery-ondernemings as maatskappye of ander wetlike sake entiteite bespreek, het die implementering van die wet egter sekere gevolge.

Agri Mega in samewerking met EXCEED bied ‘n besigheidsontbyt/ seminaar aan om rolspelers in die landbou te help om die wet te verstaan en die toepassing daarvan effektief in hul boerdery-ondernemings te bewerkstellig.  EXCEED het die nodige insig en die kundigheid  tot die agtergrond, spesifieke bepalings asook die praktiese implementering van die wet in ‘n onderneming.

Datum: Dinsdag 15 November 2011
Tyd: 7:30-8:00- 11:00
Plek: Lemoenkloof Gastehuis, Hoofstraat 396A,Noorder-Paarl, 7646
Tarief: R855.00 (BTW ingesluit)
Besprekings: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of skakel 021 863 0701

(Faktuur sal voorsien word sodra bespreking gemaak is)

Die spesifieke bepalings wat behandel sal word sluit die volgende in:
  • Administrasie van die Wet
  • Minderheidsregte
  • Maatskappyrekords
  • Oudit
  • Direkteure en hul verantwoordelikheid
  • Besluite en vergaderings
  • Solvensie en likiditeit
  • Besigheidsredding
Bespreek gerus u plek by Candice.

Malmesbury Advertising