Getuienisse na operasies

02-god-van-baie-kanseGETUIENISSE NA OPERASIES
(Hierdie getuienisse is ingestuur na my eie operasie so tyd gelede en ek ietsie daaroor geskryf het. Mens dink soms jou geval is erg totdat jy hoor van iemand anders s’n.)

Melanie Lubbe

Glo my ek kan met jou saampraat. Na 22 baie groot operasies ken ek die pyn, magteloosheid, afhanklikheid van jou medemens en inderdaad van GOD maar te goed. Met my rug en been is ek elke aand dankbaar as ek in die bed kan klim en nêrens seer het nie. Mens neem dit so vanselfsprekend. Om 'n trappie te klim, op 'n stoel te gaan sit of op te staan. Eers die dag as jy dit nie kan doen nie besef jy mos hoeveel moed dit vir 'n gestremde vat om nie elke dag te kla nie. Ek kan praat namens die gestremdes ook. Juis daarom kan ek sê dat deur God se genade, wat ons krag gee vir elke dag, ons blymoedig kan aangaan. Maklik is dit nie. Glo  my daar kom baie dae dat ek steeds 'n liggaam wil hê wat reg werk.  Wat kan beweeg en sterk is, maar dan onthou ek dat ek 'n wonderlike brein het, ek kan sien, hoor, ruik, voel, nog my eie huisie skoonmaak, lag en huil.

Sandra Bronkhorst

Vir my was die Here sò goed 2 jaar terug met my operasie (‘n gewas op my eierstok). Ek het ook gebid en vir die Here gesê Hy kan selfs die gewas wegneem sonder ‘n operasie, maar alles was so vinnig, my ginekoloog het my die Donderdag gesien en my sommer vir die Maandag geboek. Ek was baie dankbaar dat ek geweet het hoe ek moet bid vir beskerming onder operasie en terwyl ek daar in die hospitaal was. Ek was sò geseënd, het so te sê geen pyn gehad nie, hulle het later van my pynpille geleen vir my “buurvrou” langs my, want hare was op. Ek het gebid dat Hy die pyn sal verlig/wegvat, en Hy het!

Gedurende die tyd wat ek by die huis was, het ‘n vriendin kom kuier wat besig was met ‘n egskeiding (haar man wou skei) en ek het haar toe al voorheen genooi na ons selgroepie. Dié middag is sy hartseer toe sy loop, en ek sê weer vir haar kom nou vanaand na ons groepie toe, en sy kom toe en is nog steeds daar en sò dankbaar sy het, want sy het baie ondersteuning van ons groepie ontvang. Dit was vir my spesiaal, want ek was by die huis toe sy my nodig gehad het en nie by die werk nie! Ek glo dit was ‘n afspraak uit ons Vader se Hand.  Aan Hom al die eer!

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. blocked::mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. blocked::mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.">'+addy_text77277+'<\/a>'; //-->
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

GETUIENISSE VERSAMEL (8)

(Ons lesers skryf sulke mooi dinge vir my terug dat ek dit eenvoudig nie vir myself kan hou nie. Daarom deel ek dit ook met jou.)

S. B.

Wie is ek dat die Here my so seën?

‘n Maand of 2 terug is om en by 30 mense hier by die werk gevra om te gaan.  Ek het ook net vir die Here gevra:  “Wie is ek om nie een van hulle te wees nie?”

Dankie, Vader God, vir U groot genade en al die wonderlike seëninge in my lewe!  Amen.

L. v. T.

God sorg en weet dat daar dinge is wat betaal moet word.

Tans het ek ook nie ‘n vaste inkomste nie doen ietsie hier en ietsie daar

Maar dit is nie ‘n bedrag waarop ek kan bargain/budget nie.

Die wonderlike ding is die  Here weet, en elke nou en dan sien ek die

2 “freelance” werkies gaan nie my budget cover nie, maar dan het die Here

Weer vir my iets anders gegee soos bv. broeke verkoop.

In die tyd, leer ek niks is verseker nie en weet ek dat God wel is.

Hy is lief vir ons en gee om. Alhoewel party dae moeilik is en daar niks

beplan is om te doen nie – vul die Here my hart met HOOP!

Mense gaan deur seisoene en elke seisoen moet mens embrace.

Ek leer dag vir dag en stap vir stap  ietsie nuuts en vind waardering

In die dae van “niks” doen nie ….

Ek weet ook dat die Here my wil seën – ek wag geduldig

met hoop in my hart gryp ek elke geleentheid aan

En leer ek die dinge wat die Here na my kant toe bring.

Dankie vir Oom Piet se dagstukkies.

Groete

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. blocked::mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. blocked::mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. blocked::mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.">'+addy_text21372+'<\/a>'; //-->
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

GETUIENISSE VERSAMEL (9)

(Hier is nog mooi getuienisse van dankbare lesers.)

A. O.

Ek leef in absolute dankbaarheid en genade. Dit is so n voorreg om tussen al hierdie siek mense elke dag Sy liefde uit te leef en met hulle te deel (Hierdie dame werk in ‘n hospitaal.) Dit is so kosbaar in vandag se gejaagde lewe om steeds  te kan luister en te kan hoor en te weet jy kan die verskil maak in Sy Naam en met Sy hulp om daar waar iemand terneergedruk of hartseer voel net ‘n drukkie of ‘n glimlag te gee. Of ‘n traan af te vee, of ‘n koppie tee te maak, of net daar te wees aan die anderkant van ‘n telefoon en werklik te luister. Daar is so baie seer en onvergenoegdheid in vandag se lewe dat ons maar veral in die koue en die reëndruppels ‘n dans kan dans en kan sing tot Sy eer.

Ja alles is dalk nie ‘n droom nie, alles was nie net altyd mooi nie, maar Ons Vader kan ‘n wit aronskelk in die modder laat voortspruit. Hy maak die verandering. Dit is nog meer rede om te jubel selfs in ‘n hospitaal of waar jy is.

R. C.

Omdat ek so n veelbesproke verlede gehad het, het ek needless to say, verskriklik baie herinneringe. Menige, maar menige oggend en aand wanneer ek bid en ook intens vir my kinders bid, dan se ek; "Here, ek vra dit met vrymoedigheid want "I've been there, done that".

Nie alleen het my oë gesien en my ore gehoor nie, maar my hele siel, gees, liggaam en verstand het dit ervaar!!!!! Ek weet dat dit werk!!! Joe, die herinneringe van Sy weldade laat my soms in hemelse tale uitbars, en ander kere loop die trane sonder dat ek dit kan keer. Dank die Here vir herinneringe, want dit bemoedig ons om die Here weereens te vertrou - want Hy het mos nou al bewys dat Hy kan en wil en sal!  ........

Ps. 116:12 – “Wat sal ek die HERE vergeld vir al sy weldade aan my?”

GEBED

Lieflike Here Jesus nou kom loof ons U! Prys ons U vir al die mooi dinge in ons lewens! Van die kleinste en nietigste dingetjie tot die groot dinge waarmee U ons geseën het – daarvoor dank ons U uit ons hart! Amen!

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. blocked::mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. blocked::mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. blocked::mailto:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.">'+addy_text60651+'<\/a>'; //-->
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

Malmesbury Advertising