Getuienis van Samantha Muller (2)

GETUIENIS VAN SAMANTHA MULLER (2)

God Se Liefde

Wanneer mense so twyfel oor God se bestaan, dan vertel ek hulle altyd hierdie verhaal:

My kinders was in graad 3 en graad 6 toe my man my en my kinders verlaat het. Ek was gebroke, hartseer en woedend. Ek onthou soos gister hoe u boodskappies my deur soveel pyn gedra het. Daar was oggende wat ek nie kon wag om die oggend se boodskappie te lees nie. Want nadat ek dit klaar gelees het, was ek kalm en kon ek aangaan deur die dag.

Bo alles het ek soveel bekommernisse gehad, oor my kinders, my finansies en ek het nie geweet hoe ek uit alles gaan kom nie, want sien, ek het twee seuns wat mal was oor hulle pa en al ons skuld was op my naam gewees omdat ek alleen kredietwaardig was. Die eerste maand toe ek nie geld van hom ontvang het nie, het ek geweet hier sal ek moet “survive” vir my kinders. Sulke tye wanneer alles donker in en om jou is, kom ‘n mens se ware kleure uit. Ek onthou hoe ek gebid, geskel, geskree, gehuil het van moedeloosheid. Hoe ek vir meer as ‘n jaar weggekruip het agter ‘n toe deur. Ek het nie meer kerk toe gegaan nie en werk toe en slaap, was my nuwe patroon. Ek was so kwaad gewees vir God en die hoekoms en waaroms was elke dag daar gewees. Ek het geleef maar nie gelewe nie.

Op daai stadium het ek vir SARS oor die R10,000.00 geskuld omdat ek van werk verander het en dit nooit deurgegee het nie. Nou, ek is “old school” en ek het nie eens geweet jy moet die doen nie, want niemand het my gesê hoe die dinge werk nie en hulle het hulle geld mos gekry. Maar ek is aangeslaan en hierdie bedrae was direk afgetrek van my “pay” af. Daardie Maartmaand toe maak ek my reg vir nog ‘n bedrag wat afgetrek gaan word, maar toe ek my betaalstrokie kry, was daar geen aftrekkings van SARS nie. Ek kon toe nie verstaan wat aangaan nie en kontak ons payroll want ek wil tog nie vir SARS skuld nie. Hulle verwittig my dat die staat het die bedrae verander op hoeveel mense hulle inkomste kan verklaar. En omdat ek onder daardie bedrag val, was dit nie vir my nodig om die geld terug te betaal nie. Ek het daar gesit en dink; “n toeval”, nee, dit was God se werke gewees!

Piet Smit

073 447 2902
(K) 022-4872200

Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Web http://www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Faceboo

Malmesbury Advertising