Musiek en paaseiers : Aandskemering Featured

malmesbury-lions-clubLIONSKLUB Malmesbury

9 April 2009: 15h00
Op die Donderdag voor Paasnaweek het ons die bejaardes by Aandskemering onthaal op musiek en paaseiers. (Tannie Wendy se idée) Ek het ‘n paar woorde gespreek (in afwesigheid van die Lion President) en die feestelikheid aan die gang gesit. Tannie Wendy Flemming (klavier) en Marguerite Holtzhausen (dwarsfluit) het ‘n wye verskeidenheid van musiek gespeel en afgesluit met bekende liedere, wat hartlik saamgesing is.
So tussen-deur het ek begin om paaseiers uit te deel. Hulle het dit baie geniet en so mooi dankie gese. Glimlagte was oral te sien! (Karin, van Free Gig, het ‘n paar foto’s geneem, so wees op die uitkyk....die Lions is sigbaar in Malmesbury!)

Terwyl hulle besig was, het ek sommer die gange ingevaar met die mandjie en links en regs paaseiers uitgedeel, vir die personeel ook. Daar was bejaardes wat nie na die sitkamer kon kom nie. Sommiges wou weet hoeveel hulle moet betaal. Een tannie het gese sy het nie nou geld om te koop nie en was baie verras dat dit verniet was! Ek was baie hartseer en geraak om te sien dat sommige bejaardes so verswak is, dat hulle nie die papier self kon oopskeur nie! Dit het my opnuut dankbaar gemaak dat ek nog so gesond was! Ek het met die suster gaan praat en sy het voorgestel dat ek die paaseiers liewer by Mev. Zaaiman moet los sodat hulle dit later, met ete, vir die mense kon gee. Vir sommiges moet dit opgesny word en gevoer word. Ja, oudword is nie vir sissies nie!
Vroeer die oggend, het ek ‘Hot Cross Buns’ by Goue Aar, Tehuis vir Bejaardes  in Wesbank, afgelaai. (Marina se blink idée) Hulle het dit net so waardeer.

Ons dien!
Theresa van Vreden

Malmesbury Advertising