Lions Klub Potjiekoskompetisie en Dans Featured

04-lions-klub-potjiekos-kompetisieMalmesbury Lionsklub nooi alle besighede asook privaat spanne uit na hul potjiekoskompetisie 29 Mei by die Skougronde.  Inskrywings beloop R200 en daar sal heelwat pryse wees.

Kom neem deel as ‘n besigheid en gebruik die geleentheid as ‘n spanbou-uitstappie of kom skop jou pel se pot as privaat span.  Al wat jy moet bring is jou pot en bestandele.  Hout sal voorsien word en almal is welkom om so van 12:00 julle stalletjie op te stel.

 

Beoordeling geskied teen 17:00

Verder sal daar ‘n kontantkroeg beskikbaar wees asook ‘n dans na die afloop van die kompetisie.  Die rugbymanne onder julle moet nie vrees nie, want ons sorg ook vir die TV en julle sal die Super 14 finaal sommer daar kan kyk.

Spanne is welkom om soveel ondersteuners te bring soos hulle wil teen geen ekstra koste nie.  Die dans na die tyd is gratis vir almal.  Om die ondersteuners besig te hou, gaan daar ook ‘n aparte darts en down-down kompetisies wees waar mense sommer op die dag kan  inskryf.

Ons beoog ook ‘n springkasteel vir die kinders gedurende die middag.

Vir verdere inligting, skakel Andy by 083 256 8178

Malmesbury Advertising