SBN Mei 2013 – Eerste indrukke

Tydens ons Mei ontbyt het Lianne van 1st Solutions ons toegespreek oor eerste indrukke in die besigheidswêreld. Gaan na Professional Presence artikel om hulle praatjie af te laai asook hulle besigheids profiel.

Ek wil net so paar goed deurgee waarvan ek notas gemaak het. Wanneer mense jou die eerste keer ontmoet in die besigheids wêreld, kyk hulle na jou voorkoms en eerste indrukke en wonder wat jy vir hulle kan beteken. So indien jy nie lyk of jy vir hulle iets kan beteken nie, sal hulle nie sommer met jou besigheid doen nie.

Mense se eerste indrukke van jou word bepaal deur 55% voorkoms en 38% jou stem. So ons kan nie eintlik ons stem verander nie en dus is dit baie belangrik om goed te vaar in die 55% waaraan mens wel iets kan doen.
Jou professionele voorkoms word bepaal deur jou industrie waarin jy werk. 'n Mens sal nie snaaks kyk wanneer 'n sportafrigter 'n sweetpak aanhet nie, ook nie wanneer 'n IT persoon 'n gholfhemp met logo's aan het nie. Dit is dus nie vir almal nodig om pak en das te dra nie – trek aan volgens jou industrie.

Mense hou daarvan om goed te voel oor hulself, so as jy jou kliënt goed oor homself kan laat voel, sal hy meer openlik teenoor jou wees en jou makliker kan aanvaar as besigheids vennoot.

Laastens wat ek weggeneem het van die praatjie is om vertroue in jouself te hê en te glo in jouself sonder om windgat voor te kom. Laat mense verstaan dat jy weet waarvan jy praat sonder om afbrekend of neer kykend voor te kom.

Laat mense veilig voel met die kennis wat jy het in jou industrie.

Malmesbury Advertising