SBN Bekendstelling Dankie

HIermee 'n kort geskriffie om baie dankie te sê aan almal wat deel was van ons bekendstellingsgeleentheid Donderdag aand. Dit was regtig 'n geslaagde aand en ek glo almal het heerlik gekuier en hopelik genetwerk en miskien 'n kontak of twee gemaak.

Ons idee is veral om besighede in die Swartland te 'connect' en veral kleiner besighede by te staan om diegene wat al jare gevestig is, te ontmoet en miskien as modelle van sukses te ervaar en van hulle te leer.

Uitnemendheid word die beste oorgedra deur die modellering of "voorbeeld" van leiers na te volg. Elke jong entrepreneur wil graag kennis maak met ouer en meer ervare besigheidsmanne en vroue. Die konsep van 'mentors' is deesdae 'n gewilde ide, en wat dit juis wonderlik maak, is dat dit op 'n informele wyse kan plaasvind.

Ons probeer dus deur SBN sulke geleenthede te skep in die hoop dat minder ervare entrpreneurs en besigheidspersone, by die meer ervare mense kan kers opsteek en dat lg. juis van hul ervaring sal oordra.

Ek wens u almal 'n week vol lekker uitdagings en suksesse toe. Geniet die werk wat aan jou toevertrou is en knoop nuwe lyne!

Vriendelike groete
Nora

PS. Ons volgende byeenkoms is WOENSDAG OGGEND DIE 8STE APRIL om 7:30 by Janno's en ons luister na Lianne Smuts. Maak solank 'n inskrywing in die dagboeke!

Malmesbury Advertising