Malmesbury Sakekamer April 2013

Malmesbury Sakekamer vergader Dinsdag 9 April 2013 by die Laerskool Swartland Sportsentrum.

Die sprekers vir die aand is Mnr Werner Schreiber van FNB wat met ons kom praat oor die kwalifiserende vereistes vir kredietaansoeke by banke en bankkostes me Mev Fleur Lerwill wat met ons kom praat oor boedelbeplanning en sakeversekering. Dit beloor 'n baie interessante aand te wees, wat op so 'n manier aangebied sal word dat ons almal kan verstaan.

Die tyd is 19:00 vir 19:30. Moenie die aand misloop nie en bring gerus u vriende en kollegas saam.

Kaartjies beloop R80 per persoon vir lede en R100 per persoon vir nie-lede en sluit 'n ligte ete in. 'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

RSVP asseblief stiptelik teen Vrydag 05 April om 15:45 by Annebelle van der Merwe, Bester en Vennote, tel 022 482 1060

Malmesbury Advertising