Diensverskaffer nominasies sluit 30 Sep 2013

Nominasies vir vanjaar se diensverskaffer van die jaar sluit Maandag 30 September. Daar is vanjaar weer ’n gelukkige trekking van R500. Al wat jy moet doen om deel te hê aan die trekking, is om ’n besigheid te nomineer wat vir jou uitstekende diens gelewer het.

Jy kan enige besigheid in Malmesbury nomineer en jy, of die besigheid wat jy nomineer, hoef nie ’n lid van die sakekamer te wees nie. Die kompetisie is oop vir almal in Malmesbury.

Gaan na die volgende skakel en nomineer nou jou diensverskaffer van die jaar http://www.sakekamer.co.za/diens-nominasies/entry/add

Hier volg so paar nominasies wat ons reeds gekry het:

Super Spar - Diens altyd baie goed. Produkte altyd vars.

Saverite - Uitstekende diens goeie kwaliteit produkte en uitstekende pryse

Geard Apteek - Stop Vrydagaand net na toemaaktyd by Geard. Deure reeds toe. Toe hulle ons buite sien, maak hulle dadelik weer hoop en bedien ons. Dis nou die ekstra myl stap!

Constantia Lintels - Goeie diens en gehalte produke

Kekkel en Kraai - Baie lekker gevulde hoender,sosaties billike pryse Vriendelike diens

Lize Signs - Hulle doen hul bes om vir die klient tevrede te stel en hoop dat alle Sakekamer kliente van hulle sal gebruik maak. Hulle is altyd baie vriendelik en hou jou op hoogte van die produkte wat hulle maak. Baie dankie

JB Nissan - Uitstekende diens en hulp vir my Fiat wat ek daar gekoop het terwyl JB's nog die handelaar was. As daar hulp benodig word, kan ek net vir Johann Strauss bel en aksie sal volg.

Malmesbury Advertising