Vye, vye en nogmaals vye

04-figfunVye word deur sommiges as koningskos beskou en deur ander as eksoties. Vir baie van ons herinner dit aan vervloë dae - soet herinneringe van vye pluk in die agterplaas en net daar eet, vyekonfyt op warm tuisgebakte brood, gedroogde vye rolle om nie eens te praat van daardie verleidelike groenvyekonfyt nie.

Alhoewel vye reeds hul oorsprong in Bybelse tye het, was dit tot relatief onlangs nooit op winkelrakke beskikbaar nie as gevolg van ‘n kort raklewe. Gelukkig is dit besig om te verander. Vandag is daar nuwe kultivars wat vye weer binne die bereik van almal bring.

“Vyevreugde Figfun” is ‘n nuwe onderneming wat daarop fokus om vye te preserveer en dit dus so meer beskikbaar te maak. Vye bring vreugde en inspireer diegene wat daaraan blootgestel word. Verskeie van die resepte is deur ons self of naby familielede ontwikkel. Die vye is pers met ‘n heerlike geur en herinner aan Adamsvye. Die verwerkte produk se kleur is soortgelyk aan die van aarbeie en streel nie net die oog nie, maar betower ook die smaakorgane.

Gaan na Figfun se listing op ons directory vir meer inligting

Malmesbury Advertising