Tweekuylen Agri-Roete

04-agri-roeteKom geniet ‘n dag op ons Agri-Roete waar 3 verskillende plase in die Swartland, 10km buite Malmesbury, jou sal verwelkom op egte Swartlandse wyse. Volwassenes R150, Kinders R50.

Rondomskrik: Vanaf 10:00 kan jy by Rondomskrik begin. Hier kry jy tee/koffie en ietsie om te eet. Daar is ‘n  winkeltjie met allerlei interessante tuisgebakte lekkernye en handgemaakte artikels. Klein plaasdiere is op die werf en kan selfs gevoer word.

Aanwysings:
Noord-Wes van Malmesbury, 7km vanaf die N7 op die R45 na Hopefield/Vredenburg

33 grade 22’ 33” Suid 18 grade 39’ 11” Oos.

Spekulasie : Geniet ‘n wynproe by Spekulasie se Boetiek Wynkelder en middagete in die krities bedreigde Renosterveld. Indien die weer dit nie toelaat nie, sal die ete in die Hoofhuis, wat ongeveer honderd jaar oud is, bedien word. Middagete bestaan uit ‘n piekniekbord wat hoender, snoekpatee, beskuitjies en kaas, vars plaasbrood en nog meer. Wyn, koeldrank en water sal te koop wees.

Aanwysings:
S 33° 23.365’  E 018° 35.131’

Franki’s Vineyards: Na middagete besoek jy Franki’s Vineyards waar hul unieke klassieke karversameling besoek kan word. Geniet ook ‘n wynproe wat interessante kultivars insluit. Die roete word dan afgesluit met tee/koffie en ‘n soetigheid.

Aanwysings:

33 grade 20’59.46” Suid 18 grade 32’1.41”Oos

 

Volwassenes R150, kinders onder 14 R50,

Die datums vir 2011: Saterdae 30 April, 14 Mei, 29 Mei (Sondag), 11 Junie, 9 Julie, 13 Augustus en 10 September.

 

Bespreek voor die voorafgaande Donderdag by: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

E-pos bewys van betaling of faks bewys na: 0866 506 942

Bankbesonderhede: ABSA Spaar: 924 8633 597

 

Akkommodasie beskikbaar by Franki’s Vineyards en Rondomskrik

Vir nog inligting kontak:

Spekulasie:Linza Louw by 072-375-7078 of e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Franki’s Vineyards Erica Joubert:  (022) 482 2837 or 082 888 3702, www.frankisvineyards.co.za

Rondomskrik: Mia Louw  by 072-229-7432 of besoek www.rondomskrik.co.za

Malmesbury Advertising