Malmesbury Skou het belangstelling gaande Featured

09-malmesbury-swartland-skou-image-02Alle paaie lei hierdie week  na die Swartland, waar die Malmesbury Skou met onder andere 'n rodeo-vertoning wat baie mense sal lok ('n eerste vir die Wes-Kaap), ritte te perd, trekker of wa vir die bewusmaking van borskanker buite Philadelphia en die Shiraz-en Kunstefees in die Riebeek-Vallei plaasvind.

 

 

By die Shiraz-en Kunstefees kan besoekers 'n groot verskeindenheid kuns en talent eie aan die Vallei geniet. Die Vallei se gewilde wyne word te proe aangebied en restaurante sal verskillende spyskaarte wat deur wyne geïnspireer is, voorsit. Werke van plaaslike kunstenaars en Corne Weideman sal ten toon gestel en op 'n veiling verkoop word.

 

By die Malmesbury Skou word nie net stalletjies, lekkernye en kindervermaak met 'n verkeidenheid 'water slides' en 'n meganiese bul aangebied nie; die perde-en beesvertonings beloof gehalte uit die boonste rakke. Vir meer inligting, kontak die toerisme kantoor by 022 4481 213.

Vir inligting oor die borskanker bewusmakingsritte, skakel Magdarice Smuts by 079 525 3510

Malmesbury Advertising