Malmesbury Sakekamer Featured

09-malmesbury-sakekamer-image-01Malmesbury Sakekamer vergader Dinsdag 13 September 2011 by die Malmesbury Gholfklub se Klubhuis.

Die sprekers van die aand is Mnr Johan Schlemmer en Mnr Gideon Davids. Beide die sprekers is senior regsadviseurs by Nedbank wat met ons kom gesels oor die NUWE MAATSKAPPY WET en praktiese implikasies wat dit vir ons in ons besighede inhou.

Dit behoort ‘n baie insiggewende bespreking te wees, aangesien die regsomgewing waarin, selfs Beslote Korporasies en Maatskappye besigheid doen, aansienlik verander is deur hierdie WET. Dit sal soos gewoonlik weer ‘n goeie geleentheid wees om met mede Sakekamerlede oor ‘n glasie wyn en ‘n heerlike bord kos ‘n bietjie te kuier.

Moenie die aand misloop nie en bring gerus jou vriende & kollegas saam. Kaartjies beloop R80-00 per persoon vir lede en R100-00 per persoon vir nie-lede en sluit ‘n ligte ete in.  ‘n  Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

RSVP asseblief stiptelik teen VRYDAG, 09 September 2011 om 15H30 by Annebelle van der Merwe, Bester en Vennote, tel. (022) 4821060.

Malmesbury Advertising