Lions Potjiekoskompetisie 2011

04-lions-potjiekosMalmesbury Lionsklub nooi alle besighede asook privaat spanne uit na hul potjiekoskompetisie 7 Mei by die Skougronde. Inskrywings beloop R200 per potspan.

Dit is vanjaar ons tweede jaar en die wat verlede jaar daar was sal saamstem dat dit bitter lekker was, behalwe die Stormers wat verloor het...

Kom neem deel as 'n besigheid en gebruik die geleentheid as 'n spanbou-uitstappie of kom klop jou pel se pot as 'n privaat span. Almal is welkom om so van 11:00 julle stalletjie op te stel.

Beoordeling geskied teen 17:00

Verder sal daar 'n kontantkroeg beskikbaar wees asook 'n dans na die afloop van die kompetisie. Die rugbymanne onder julle moet nie bevrees wees nie, want ons sorg ook vir die TV en julle sal die Super 15 games van die Stormers teen Crusaders en Sharks teen Brumbies kan sien.

Spanne is welkom om soveel ondersteuners te bring soos hulle wil teen geen ekstra koste nie. Met die dans na die tyd, sal ons enige borgskappe aanvaar as toegangsgeld.

Vir verdere inligting, skakel Andy by 083 256 8178

Malmesbury Advertising