Kansa Gholfdag 2011

06-kansa-gholfdagDie 2011 Sanlam Kanker Gholfuitdaagreeks vind plaas by Darlinggholfklub op 2 Julie. KANSA nooi alle gholfspelers om deel te neem en te help in die stryd teen kanker. Sanlam is die grootste borg vir die dag. Ernie Els is die Sanlam Kuier-uitdaagreeks se "Champion of Hope". Ernie Els-wyn sal dus diƩ dag opgeveil of te koop word. Die 4 Wenners wat deurdring na die finaal, gaan na Sun City vanaf 23 tot 26 Oktober en alle kostes sal vir hulle betaal word. Die Wedstryde vind plaas op die Gary Player Country Club en die Lost City Gholfbaan.

Die Ernie Els Ervaring. Hierdie ervaring word aan u gebring deur die Sanlam Kanker-Uit-daging in samewerking met Ernie Els. Die doel is om gholfspelers wat deelneem aan fondinsameling vir KANSA, te beloon op 'n onvergeetlike wyse, naamlik 'n tweedag Ernie Els ervaring. So sal deelnemers eerstehands meer te wete kom oor van die besigheidsondernemings van RSA se grootste ambassaduer, Ernie Els.

Die Ernie Els-Ervaaring word toegeken aan:

  • Twee gelukkige wenners wat deelneem aan die Errnie Els Ervaaring se gelukkige trekking; en
  • As 'n prys vir die algehele wenner in elk van die mans- en dames afdelings van die 2011 Sanlam Kanker-Uitdaag Finaal.
Die Ernie Els Ervaring behels die volgende:
  • 'n 18-putjie spel Gholf op die Oubaai Gholfbaan naby George.
  • 'n Toer, ligte ete en wynproe by die Ernie Els-wynkelder buite Stellenbosch.
  • 'n Driegang aandete by die Big Easy restaurant in Stellenbosch.
  • Vervoer na George vanaf die naaste lughawe na 'n wenner se tuiste in Suid-Afrika.
 Alle akkomedasie en maaltye vir die Donderdag en Vrydag word gratis verskaf. Moenie die dag misloop nie. Daar is baie op die spel!

Vir meer inligting kontak Hester Smit by KANSA 022 482 1111

Malmesbury Advertising