JB's: Ons diens is ons trots

JB's Nissan se jare lange slagspreuk is: "Ons diens is ons trots".

Dié onderneming het so pas hul nuwe vertoonlokaal en addisionele kantore in gebruik geneem. Dit is genoodsaak deur die groei wat JB's Nissan die afgelope twee jaar ondervind saam met die uitbreiding van die Nissanreeks.

  • JB's is reeds nagenoeg 43 jaar 'n gevestigde besigheid in die Swartland. Die besigheid is in 1970 op Malmesbury begin met beperkte fasiliteite.
  • Die eerste uitbreiding was in 1978/79 toe die Diensafdeling vergroot en 'n addisionele vertoonlokaal aangebou is.
  • Dit is gevolg deur die tweede uitbreiding nagenoeg tien jaar later met die aanbou van 'n dienssentrum vir vragmotors.
  • Ongeveer 20 jaar later is dit gevolg deur JB's Nissan se derde uitbreiding toe die ou Speedy-gebou in 2010 vervang is met 'n nuwe vertoonlokaal en addisionele diensafdeling-fasiliteite vir die besigheid.
  • JB's beskik vandag oor van die beste fasiliteite in die dorp waar jy alles onder een dak kan kry - van verkope en diens tot onderdele en 'n vulstasie. Van die kleinste motor tot die swaarste vragmotor kan voorsien en gediens word deur opgeleide personeel.
  • Malmesbury se ligging het vir JB's 'n baie groot kliënte-basis besorg van binne sowel as buite die Swartland. Baie kliënte van elders laat steeds gereeld hul voertuie hier diens.
  • JB's Nissan wil al sy getroue en lojale kliënte bedank vir hul getroue ondersteuning oor die jare.

Die JB's-span nooi alle kliënte - ook voornemende kliënte - uit om die nuwe fasiliteite te besoek en nuwe produkte soos die NV200 7-sitplekbussie en paneelwa, splinternuwe Almera en die Sentra te besigtig. Besoek ons gerus op 20 en 21 September vir die spesiale aanbiedinge op Nasionale Nissandag.

Malmesbury Advertising